PvR Gemeenskapskerk

Ek nooi jou hiermee uit om saam jou lyf te kom skuif, op Saterdag 17 Mei van 10:00-12:30. Soos altyd, is dit 'n baie opwindende vooruitsig!

Ons gaan deur PvR loop en bid, ons noem dit 'n gebedswandeling. 

God het ons as Sy kinders, en Sy liggaam hier in Pierre van Ryneveld geplaas om lief te hê, te dien en aan Hom gehoorsaam te wees. Om Hom te ontdek, en soos Hy te leef, hier en nou. 

Een van die voorregte wat ons het as gelowiges, is dat ons kan bid. Ons kan en moet ook vir ander mense en hulle situasies bid. Ons kan vir God vra wat ookal ons wil, en ons kan intree vir mekaar in gebed. 

Ons gaan deur PvR loop, en saam vir spesifieke goed in ons gemeenskap bid en ook vir mekaar bid. Ek gaan vir almal 'n handleiding gee op die dag wat die hele lyfskuif verduidelik, en ook vir jou help om te weet wat om te doen. Ons sal in groepe deel en spesifieke roetes loop, by spesifieke plekke stilstaan en vir spesifieke sake bid en met die Here daaroor gesels. Daarna sal ons bymekaarkom by die kerkgebou en daaroor gesels en mekaar bemoedig en saam die lyfskuif eindig. 

As jy dit nog nooit gedoen het nie, probeer dit. Dit is altyd 'n wonderlike ervaring. 

Gesinne is welkom om deel te neem, ek dink dit sal wonderlik wees as kinders kan sien hoe hulle ouers vir ander mense bid, en hulle die geleentheid het om dieselfde te doen. 

As jy twyfel en bietjie meer inligting nodig het, skakel my gerus. 

Laat weet my asb by ryno@pvr.co.za of 0824602103 of jy saamkom lyf skuif. Dan kan ek seker wees van hoeveel mense om voor gereed te maak. 

Vreugde

Ryno

 

Views: 43

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service