PvR Geloofsfamilie

Hier is die reelings vir komende Saterdag se Lyfskuif na Cosmo City.

  • Ons vertrek 08:30 vanaf die kerkgebou. Ons sal die saamryery uitsorteer wanneer ons bymekaarkom, dit is nie nodig dat almal met hulle eie voertuie ry nie. Dit vat so 35 min sonder verkeer maar hulle doen padwerke op die N14, so ons kyk eerder na 45 min.
  • Ons gaan by Curtis en Becky Love se huis ons gashere en reisgenote vir die oggend ontmoet, waarna hulle ons op ’n reis deur Cosmo City gaan vat. Dit beloof om baie insiggewend te wees, siende dat die doel met Cosmo City was om “integrated housing development” te doen.
  • Ons gaan ry tot by Oasis se kantore en daar meer hoor van hulle projekte in Cosmo. Jozi’s Nut Butters is een van hule vlagskip projekte (Classic Peanut Butter, Chocolate Truffle Peanut Butter, Dark Dark Chocolate Peanut butter, Cashew, Toasted Coconut Cashew, Almond ens), en jy is welkom om van dit te koop vir tussen R50 en R100 per botter. 
  • Ons gaan ons tyd saam voltooi met ’n gesprek en refleksie oor ons ervaring, en wat ons gesien het, veral met betrekking tot ons awesome land Suid-Afrika. Dit doen ons saam met die mense van Oasis.
  • Ons gaan Cosmo City rondom 12:30 verlaat en terugkeer PvR toe.
  • As jy lus is, kan jy na die tyd bly om lunch te eet by Chisa Nyama in Zandspruit saam die mense van Oasis. Dit is ’n township net langs Cosmo, en dit is regtig ’n lekker vibe. Dit is wel nie verpligtend vir almal nie, so jy kan as jy wil.

As jy graag wil saam skuif, en jy het my nog nie laat weet nie, wees asb so gaaf om my teen Vrydagoggend te laat weet, dan kan ek vir hulle finale getalle laat weet. My selnr is 0824602103 en email is ryno@pvr.co.za

Lekker dag. Vreugde
Ryno

Views: 72

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 5 Augustus vir aflewering by kerk in week van 6 Augustus.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service