PvR Gemeenskapskerk

Dis hoe ons rol by die seekamp, en dit het niks te doen met wiele wat rol nie maar met sokkerballe en volleyball balle. Gister was 'n awesome dag, son, see, sand en fun. En bunnies met koue vleis en 'n slaaitjie sommer so uit die bak van Henk se "trok". Verhoudings bou is die ding op die kamp, en nos het gedink lappe om die pols volleyball en rek om die lyf sokker is 'n goeie afskop. Dankie Sheryl en Stefan vir ongelooflike energie, passie en inisiatief. Ons is voorwaar "gebless" met ongelooflike jongmense. Ons sluit nie die span by die awesomeness uit nie. Buks hier langs ons, die een met die mediese kennis, wonder of spiere na 40 nog gebou isvir saamjol met die jongmense. Buks het besonders baie krampe en pyne vanoggend van die ouer geslag. Dus is die pas vanoggend bietjie stadiger as gewoonlik.

 Herman het gisteraand ons geestelike program afgeskop met die tema "Lugreuse". Ons het besef dat om perfek te wees in 'n prestasie gedrewe wereld nie God se droom vir ons is nie. Oor die volgende paar aande gaan ons elke aand  saam 'n waarde ontdek van Christenwees. Anru, Bennie, Hein, WJ en Anneke aka die Koelste Sodwana Band OOOOOOOIT, het ons gisteraand in die "zone" gekry want dit is hoe ons rol. Nou's ons gewax vir die week soos in die ou dae.........in Ryno taal gese. met die woorde van die song "I am free" wat weerklink in die stil donker aand het ons net weer besef dat in Christus "we are free, Yes we are free".

Vanoggend is ons voor sonsopkoms, kwart voor ses uit die vere om die dag te groet. Met 'n huppel in ons stap en 'n afwagtende hart het ons die pragtige bospaadjie aangedurf strand toe, en hoe ongelooflik mooi was dit nie. Elkeen op sy eie stukkie sand, met die net die Here as geselskap, het ons hierdie ongelooflike dag begin.

Hou die spasie dop vir nog nuus want na 'n lekke ontbyt is ons weereens oppad strand toe om te sien wat Stefan, wat vandag verjaar, en Sheryl vir ons beplan. Praat weer more!

Wil net vir ons ouers laat weet dat dit baie goed gaan met al die jongmense en dat almal dit verskriklik geniet. Hou asb aan om vir die kamp te bid.

Views: 69

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Riana van Rensburg op 4 Julie 2011 om 11:45
Dit lyk soooooooooooooo lekker julle moet dit vreeslik geniet. Ons vrek van die koue vandag.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service