PvR Gemeenskapskerk

Ons is bevoorreg dat Margaret een van die dae by ons kom kuier. Sy en haar man besoek Suid-Afrika as een van 30 afgevaardigdes na die Lausanne Kongres wat in Kaapstad gehou word. Ons het haar genooi om, terwyl hulle hier is, sommer so bietjie by ons in te loer en ons sien uit na hulle kuier.


Hier is 'n kort biografie van haar, maar as jy meer wil weet oor haar en haar publikasies kliek hier. Lees ook meer oor die Lausanne Kongres, as jy belangstel.



‘n Gewilde spreker by kerke en leidinggewende konferensies soos “Catalyst”, “CreationFest”, en “YouthSpecialties”. Margaret Feinberg is deur Charisma” tydskrif onlangs aangewys as een van die “30 Emerging Voices” wat leiding aan die kerk sal gee vir die volgende dekade. “Christian Retailing” het haar aangewys as een van die “40 onder 40” wat die Christelike uitgewersbedryf sal help vorm in die tyd wat kom. Sy het reeds meer as twee dosyn boeke en
bybelstudies geskryf. Onder haar publikasies tel die hoogaangeskrewe “ The
Organic God, The Sacred Echo” en “Scouting the Divine”(Zondervan). Sy het ook
vir elk van hierdie boeke ‘n meegaande DVD reeks vervaardig. Sy is bekend vir
haar verhoudingsgerigte styl en die wyse waarop sy mense nooi om die relevansie
van God se Woord in ‘n moderne wêreld te ontdek.


Margaret en haar boeke is geresenseer en gedek deur verskeie nasionale en internasionale media, onder andere: CNN, Associated Press, Los Angeles Times,
Dallas Morning News, Washington Post, Chicago Tribune, Denver Rocky Mountain
News, Newsday, Houston Chronicle, Beliefnet.com, Salon.com,
USATODAY.com, MSNBC.com, RealClearPolitics.com, Forbes.com, en heelwat ander.
.


Margaret woon tans in Morrison, Colorado, met haar 6'8" wederhelf, Leif Oines, ‘n boorling van Alaska. As sy nie skryf of reis nie geniet sy enigiets in die buitelug, lekker lag en hulle super –babahond, Hershey. Sy sê egter dat sy van haar beste oomblikke beleef as sy kuier met haar lesers.

Views: 47

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service