PvR Gemeenskapskerk

Mense trap diep spore - Sherry Underwood kuier saam met SOLO

Daar is mense wat spore in jou lewe trap, maar dan is daar die mense wat sulke diep spore in jou lewe los, dat jy dit nooit uitgevee kan kry nie - dit is vir ewig vasgevang.Sherry Underwood het sulke diep spore gelos toe sy saam met die SOLO bediening gekuier het, en hoe bevoorreg was ons nie. Dis die eerste keer dat sy haar storie in die openbaar met 'n groep gedeel het. Maar kom ek vertel kortliks ietsie hiervan.

Daar kom daagliks mense in ons lewens in, vir 'n sekonde, 'n minuut, 'n uur, 'n dag of selfs 'n week. Maar dikwels ontmoet jy mense, en jy weet onmiddelik dat hulle 'n baie belangrike deel gaan wees van jou Godgeskrewe roeping en verhaal. Hulle kom dikwels in ons lewens in om ons te help om lewenslesse te ontdek, of ons te help ontdek wie ons is en waarheen ons oppad is. Die oomblik wat jy hulle ontmoet besef jy dat hulle jou lewe en die lewe van anders rondom jou gaan aanraak en 'n plofbare impak gaan maak.

Ek het Sherry leer ken toe ons as bedieningspan saam met Phil en Sherry in Senekal op 'n "retraite" gegaan het en die AWAKEN proses begin het. Die is 'n ongelooflike proses waar jy intens jouself ontdek, jou identiteit in Christus en jou roeping en waar in die lewe jy impak moet maak. Ek en Sherry was gereeld saam ingedeel in groepies waar ons baie dinge rondom hierdie proses met mekaar gedeel het. Die oomblik toe ek deeltjies van haar storie hoor, het ek besef sy moet dit met SOLO deel. Dit was toe, gelukkig vir ons, ook deel van haar "impact statement" dat sy hierdie storie moet deel en daardeur mense moet help om dinge te ontdek.

Die SOLO mense en Sherry deel 'n verhaal van pyn, onregverdigheid en soms gruwel stories. Wanneer jy reflekteer oor hierdie stories, besef jy dat, indien jy nie oor hierdie verhale en struikelblokke in jou lewe kom en dit oorwin nie, jy nie jou volle potensiaal en krag sal bereik nie.

Dit is waar Sherry in haar lewe staan, en waaroor sy getuig as sy haar storie deel. So getuienis is so kragtig juis omdat dit mense hoop gee, hoop op 'n lewe na die pyn, hartseer en swaarkry.

Miskien is dit juis waar ek en jy moet begin om onsself ten volle vry te maak om te begin lewe uit wie ons is in Christus, en nie wie ons dink ons is aan die hand van ons storie nie!

Views: 315

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur elmarie van wyk op 1 April 2011 om 8:18
Ja, soms word ons pyn ons realiteit, ons waarheid, ons IDENTITEIT, en hoe onverstaanbaar dit ook al mag klink, wil ons dikwels nie hierdie pyn los nie, want "Wie is ek dan" Dit is net hier waar God ons wil ontmoet! Hier waar, soos Hanlie dit skryf, Hy wil dat ons lewe uit wie ons in Hom is. Om dus die pynvraag van "hoekom" te verander na "waarheen". Ontdek so die Wysheid wat daar in pyn is - dit is wonderlik vrymakend! 

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service