PvR Gemeenskapskerk

Musiek- en Aanbiddingsleier (Aanddienste)

Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie
Musiek- en Aanbiddingsleier (Aanddienste)

Die fokus van ons musiekbediening is om ‘n dieper ervaring van lofprysing en aanbidding met musiek (“blended worship”) te vestig en die begeleiding mag met ‘n verskeidenheid van instrumente plaasvind. Persone wat dus geskik is om as ‘n Musiek- en Aanbiddingsleier tydens aanddienste by hierdie Geloofsfamilie te funksioneer word uitgenooi om aansoek te doen. Die vereistes vir hierdie diensverskaffingsgeleentheid is op aanvraag beskikbaar.

Die diensverskaffer is nie ‘n werknemer nie en word as kontrakteur hanteer. Die vereiste diensure is beperk tot ongeveer 10 ure per week waarin diens gedoen word. Die kandidaat moet vir ’n onderhoud en oudisie beskikbaar wees.

Vergoeding: Per speelbeurt (onderhandelbaar)
Sluitingsdatum: 18 Maart 2017
Posaanvaarding: So spoedig moontlik
Navrae: Peet Kilian (Bedryfshoof) by info@pvr.co.za of 082 469 4703

Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie behou homself die reg voor om vir watter rede ookal nie ‘n aanstelling van ‘n diensverksaffer te maak nie.

Views: 20

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service