PvR Gemeenskapskerk

Die Gemeente sit met ’n uitdaging rondom die voorsiening van addisionele nissies. Die Muur van Herinnering is vol en daar is gereeld versoeke om nissies te bespreek. Vir die afgelope twee begrotingsiklusse is daar pogings aangewend om fondse vir die koste van addisionele nissies voorsiening te maak. As gevolg van ander prioriteite is daar onvoldoende fondse vir hierdie projek beskikbaar.


’n Weldoener het intussen sketse vir die uitbreiding van ’n muur van 140 nissies voorberei. Ons is ook deur ’n Bourekenaar geadviseer dat hierdie projek ongeveer R110 348 sal beloop. Om die projek te aktiveer is die volgende opsies beskikbaar:

  • Om op die goedhartigheid en passie van weldoeners wat die projek finansieel wil ondersteun, staat te maak; en/of
  • Om gemeentelede die opsie te bied om nissies te reserveer sodat daardie geld gebruik kan word om die bouwerk te finansier. Die reservering van ’n nissie sal R2 500 beloop en kan as enkel of dubbel nissie gebruik word. Die Gemeentelede word aangemoedig om vroegtydig nissies te reserveer en kan hieroor met Riana Janse van Rensburg gesels by admin@pvr.co.za of (012) 662 1708.

Persone wat gelei voel om die boukoste te borg, ’n skenking te maak of by die fisiese oprigting van die Muur en/of die skenking van materiaal betrokke te raak kan hieroor met die Peet Kilian (Bedryfshoof) gesels by info@pvr.co.za of 082 469 4708.

Views: 117

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service