PvR Gemeenskapskerk

‘n Oorbevolking van olifante in die Kruger Park raak soms ‘n groot probleem, en in 1966 is daar die eerste keer van die olifante uitgedun. Die ouer bulle van die verskeie troppe is van kant gemaak. Dit het ‘n groot probleem in die park veroorsaak, veel groter as ‘n oorbevolking van olifante, en dit was kwaad en buite beheer jong olifant bulle.

Wat die veldwagters op daardie stadium nie geweet het nie, is dat die ouer bulle die jonges leer hoe om op te tree en hulself  te beheer en  vir hulle ’n voorbeeld is. Sonder rolmodelle het die jong olifante nie geleer hoe om op te tree teenoor ander olifante en die res van die natuur nie. Sonder ouer en wyser mentors en rolmodelle, het die jonges nie geleer hoe om te leef en ‘n sukses te maak in hulle omgewing nie.

Die hartseer uiteinde was dat die jonges ‘n gevaar vir die natuur, ander olifante, ander diere en die mens geword het en uitgeskiet is.

Net so het ons jongmense ook mentors nodig. Hulle het wyser en ouer rolmodelle nodig wat hulle insig en raad kan gee oor hoe om in ‘n verhouding te staan met hulle Skepper, hulleself, hulle medemens en die natuur.

As jou persoonlike roeping dalk is om so rol vir ons jongmense te speel, en jy het nog net nie sover gekom om die stap te neem nie, kom gesels met ons in die jeugkantoor. Ons het mentors, gebedsvennote, kampkokke, kampleiers, fondsinsamelaars en nog vele meer persone nodig in die bediening.

Ons het mentors en rolmodelle  nodig om ons jongmense in hulle reis na volwassenheid, leiding te gee oor hoe om Christus regtig te ontdek en te leef!

Views: 74

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service