Ons geloofsfamilie gaan ‘n kerk plant. ‘n Kerk wat ander mense bereik as wat ons geloofsfamilie tans bereik. ‘n Kerk wat spesifiek gaan mik om jong families wat nuut in Centurion intrek te bereik met die goeie nuus, en hulle in te nooi in die vreugdes en belewenisse van ‘n geloofsfamilie.

Hiervoor het ons ‘n groep mense bymekaar gemaak - ‘n kerngroep - wat saam verantwoordelikheid gaan neem om die plant van hierdie kerk te laat realiseer, onder die leiding van Ryno Meyer en Lesego Thulo. Die kerngroep bestaan tans uit 32 volwassenes en 18 kinders, wat hoofsaaklik deel was van PvR Geloofsfamilie en Rooted Fellowship. Hierdie kerngroep is opgedeel in twee City Groups, en neem tans deel aan die bedieningsaktiwiteite van Rooted Fellowship, om blootgestel te word aan die wêreld van ‘n kerkplant.

Ons gaan weekliks inligting hieroor met jou deel, en spesifiek verduidelik hoe dit gaan werk en waarmee ons besig is. Hou hierdie spasie dop. Enige navrae kan aan Ryno gerig word.

Hier is die span!

Kliek hier om na ons pamflet te kyk en te sien hoe jy saam met ons ...

Views: 30

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Die Vleiskombuis bestellings kan op die webblad gedoen word. Kliek op die prentjie om jou na die webblad te neem.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofsfamilie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2020   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service