PvR Gemeenskapskerk

Kinders is darem al te dierbaar.... en wat 'n voorreg om saam met hulle die wonder van die mens se verhaal uit die Bybel te ontdek. Sondag het al die juniors saam gesels oor die skepping van die mens. Daar het natuurlik die interessantste vrae uitgekom ...."Het Adam en Eva 'n naeltjie gehad", "is ons en Adam en Eva familie" en nog baie ander.

In Genesis 2:18 tot 20 vertel die Bybel vir ons hoe God die diere en plante gemaak het, en dat Adam vir alles moes name gee. "hy was seker baie slim", was een van die dogtertjies se opmerking. Ons het vir die kinders gevra om Adam te speel en 'n paar diere en plante ander name te gee. Julle kan net dink wat alles daar uit gekom het. Hier is 'n paar.......

                Olifant:   2 Stert reus, Olfor                                                                               

                Kameelperd:    Kreukelnek

                Doringboom:    Lelike Boom

                Seekoei:   Dikbek grootgesig

                Muskiet:    Suig Gogga

Hierdie Sondag kuier ons oor die volgende....

 

Gesels solank saam met julle kinders oor Genesis 3. Wees verwonderd oor wat God hierdeur vir ons wil vertel, wat ons deur die verhaal leer oor hoe ons God kan volg, en watse belangrike lesse ons oor ons daaglikse verhoudings leer uit hierdie verhaal.

Voorwaar is dit 'n voorreg om saam met hierdie wonderwerkies wat God aan ons geleen het, elke week iets nuuts te ontdek. Waaroor ek in die week saam met my kinders gaan gesels is die volgende:

  •      Hoe voel jy oor dit wat Adam en Eva gedoen het?
  •      Dink jy ons doen partykeer dieselfde?
  •      Adam, Eva en die slang het mekaar beskuldig. Wat sou jy gedoen het as jy en sussie of bietie Adam en Eva was en God het julle uitgevang?
  •      Hoe dink jy sou 'n beter manier gewees het om op te tree?

Geniet die saamgesels, en hou die "Kidz Press" dop vir die nuwe week se hoofflitse.

 

 

 

               

               

 

 

 

Views: 143

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service