Nuusvertellers
Ons is kommunikasie span brei uit en ons benodig gewilliges om te help. Indien jy hardop kan lees, iemand in die oë kan kyk en jouself nie te ernstig op neem nie, kontak vir Arline Meyer. Merk die epos met die tema KOMMUNIKASIE, Jy soek my!

Invloeders

Indien jy reeds ure op sosiale media spandeer, benodig ons jou! Ons wil graag ons kommunikasiespan uitbrei met mense wat reeds op die platforms is waar ons wil wees. Jy hoef geen kundigheid te hê nie. Al wat belangrik is, is jou passie vir dit wat jy doen en jou liefde vir die Geloofsfamilie. Kontak asb vir Arline Meyer. Merk die epos met die tema KOMMUNIKASIE, Jy soek my! 

Mentors
Ons Kinderbediening en Tienerbediening benodig soos elke jaar weer vrywilligers wat 'n jaarlange pad saam met jongmense kan stap. Ons sal jou alles leer wat jy nodig het, ons kort net mense wat hulleself kan verbind vir die jaar, en enduit passievol saam met die jongmense sal groei, ontdek en leef. Kontak asb vir Arline Meyer by die Kinderbediening en Jean-Ré Bosch by die Tienerbediening indien jy meer inligting wil hê. Merk die epos met die tema MENTOR, Jy soek my!

Views: 48

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Die Vleiskombuis bestellings kan op die webblad gedoen word. Kliek op die prentjie om jou na die webblad te neem.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofsfamilie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2019   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service