PvR Gemeenskapskerk

By verre ons besigste dag sover maar natuurlik alles die moeite werd. Ons is vroeg vroeg weg van Los Angeles af na die pragtige dorpie Ventura. Ventura het 'n paar geboue wat redelik oud is (wat dateer so
uit die 1920's). Dit is 'n pragtige dorpie en 'n vars bries op my
eerste indrukke van Los Angeles. Ek verstaan dat Los Angeles seker
nou al die grootste stad in die Verenigde State is (ook is New York
groot en Dalas groei glo verskriklik vinnig.


Los Angeles het 22 internasionaal gerekende lughawens en die rede hiervoor is vanwee al die celebs wat hier naby bly. Nie ver nie dan
sien mens die Hollywood bord. Ek kan eintlik steeds nie glo dat mens
hier is nie. Buiten vir die wonderlike mense (teoloe en denkers,
movers and shakers), is dit voorwaar 'n voorreg om hier te wees op 'n
totaal ander kontinent.


Ek het vandag vir Stephan gevra: “Is dit nou regtig so dat Amerika iets meer het om te offer as ander lande in terme van wat ons doen.”
Dit blyk dat hoewel ander lande ook groot name het in die teologie en
ander velde, Amerika voorwaar betekenisvol bydra tot die gesprek van
kerkwees. Amerika koop ook groot name van oor die wereld. Voordat ons
te krities is hieroor – skole doen dit mos ook maar. Al die talent
word deur beurse en geld gekoop. Reg of verkeerd – wie weet? Punt
is dat VSA inderdaad 'n betekenisvolle geografiese gebied is vanwee
die mense wat hier is en aan die gesprekke oor kerkwees and ander
kritiese areas deellneem.


Vandag gaan ons bietjie speel en ek is baie opgwonde oor die hele Universal Studios trippie. Natuurlik meer so omat ek self 'n
videoproduksiemaatskappy het en soooo nuuskierig is. More vlieg ons
na Seattle wat glo 'n heel ander tipe stad is as Los Angeles en
hierna kom ons uiteindelik by Len Sweet uit wat ek hoop ons
geleentheid sal gee om bietjie te integreer. Die info is nogal baie
en ons het net nodig om erens rustig te raak en te
verkontekstualiseer. Wonder bo wonder is die ouens nogal sensitief
daarvoor dat ons nie sommer net dit wat hulle se opslurp en vir ons
eie konteks gebruik nie. Aan die ander kant weer kom ons agter daar
is so baie wat op ons eie konteks van toepassing is.

Views: 25

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service