PvR Gemeenskapskerk

Kliek hier vir 'n paar fotos van die dag

Hoe beskryf 'n mens hierdie ervaring? 'n Pragtige, ongelooflike plek met van die mooiste natuurskoon op aarde, ongelooflike mense met diep deurdagte ervarings en insig. 'n Fantastiese span kollegas wat diep nadink en passievol is oor die Here, ons geloofsfamilie en mekaar se bediening. Sit nog daarby 'n geloofsfamilie wat omgee, saamreis en sinvolle gesprek begin .... kan mos nie anders as wonderlik wees nie!

Ons dag het begin met ernstige gesprek oor hoe ons seker maak as leraars dat ons vars bly in die bediening. Len het eers 'n pragtige verhaal gedeel oor die lamp bokant die eetkamertafel...


Die lamp is spesiaal ontwerp deur 'n beroemde glaskunstenaar maar net 6 van die lampskerms was op die standaard wat hy mee tevrede is. Hy het daardie 6 geteken, maa rdie sewende ene nie. Len wou weet of ons kan raaksien watter een die een is wat nie goed genoeg is nie.


Die lamp wat dit nie gemaak het nie is die middelste ene. Net so bietjie minder ryk in kleur en nie heeltemal die diepte van die ander nie. Gemaak deur die Meester en nie heeltemal wat dit kan wees nie!


Hierdie analogie help ons toe om te verstaan dat ons Vader ons steeds gebruik, al voldoen ons soms nie aan dit wat hy vir ons in gedagte gehad het nie. Ons moet streef daarna om die beste te wees wat ons kan. die Vader hang ons uit in Sy skepping sodat ons die geleentheid het om te skyn en te word wat ons kan wees ...


So het ons ons oorgegaan in 'n gesprek oor ons eie "varswees" voor die Here. 'n Ongelooflike gesprek wat diep en besonder ryk bydraes gelewer het tot ons menswees...


Later die middag het ons in die woud gaan stap en weer nagedink oor waar ons inpas in die groter werklikheid waarvan ons deel is.


So kom ons tyd op Orcas ten einde en byna is ons gereed vir die reis terug. Ons kan nie wag om dit wat ons ervaar het met ons Geloofsfamilie te deel nie.



Views: 36

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Barend Bezuidenhout op 21 Maart 2010 om 20:56
Ek wonder of julle nie ook soos ek soms wens die kamp/ervaring wil nie ophou nie. Soos Petrus-hulle wat net op die berg wou bly en hutte bou vir Jesus, Moses en Elia. Baie sterkte met die "van-die-berg-af-kom". Mag julle moedhou wanneer mense wat dit nie gedeel het nie, net vraagtekens op hulle gesigte het. Mag julle baie geduld hê en julle entoesiasme nie verflou nie. Ons kan nie wag dat julle terug is nie en ons stukkies van die ervaring kan deel deur julle vertellings. Ons het groot verwagting wat Vader in ons geloofsfamilie gaan doen met hierdie saad wat julle gesaai het...

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service