PvR Gemeenskapskerk

WAAROM HOU ONS 'N PA DOGTER BAL?

Die rede waarom ons die Bal vir Pappas en hulle dogters hou, is omdat ons passievol is daaroor dat pa's 'n goeie verhouding met hulle dogters moet hê. Artikels wat omlangs verskyn het, dui daarop dat jong dames wat sonder 'n sterk, gesonde pa figuur grootword, meer geneig is om swak keuses te maak in die lewe. Die meisiekinders is meer geneig om hulleself te onderskat en nie hulle ware waarde te sien nie, omdat dit nooit aan hulle gemoduleer is hoe hulle behoort te hanteer te word nie. Kyk gerus na die volgende artikel... 

www.sheknows.com/parenting/articles/821928/the-importance-of-the-fa...

WAT VAN DIE MA'S EN SEUNS?

Ons wil egter nie die ma's en die seuns nie uitsluit nie. Daarom wil ons graag die ma's en seuns uitnooi om te kom help met die groot geleentheid! Dit is belangrik dat die seuns sien hoe mans dames moet hanteer. Ons wil graag hê dat hulle moet sien hoe dit gemoduleer word. Indien daar mammas en jong manne is wat kan en wil uithelp, kontak asb. Arline by 082 773 4338 of arline@pvr.co.za.  Ons gaan verseker hulp benodig om alles mooi te laat lyk, asook kelner te speel vir al ons spesiale gaste!

WAT KAN PAPPA DOEN OM DIE AAND NOG MEER SPESIAAL TE MAAK?

  • Maak 'n punt daarvan om die dame by die deur te gaan haal.
  • Verras haar met blommetjie wanneer jy haar oplaai.
  • Maak die kardeur vir haar oop.
  • Koop dalk 'n mooi hangertjie, armband of ringetjie as herdenking van die aand en haar altyd te herinner hoe 'n prinses moet voel.
  • Koop 'n foto album waarin sy alle mooi herinneringe kan plaas met die aand as die eerste van veel meer.
  • As jy goed is met woorde skryf vir haar 'n briefie of gediggie wat klem lê op hoe belangrik sy is om haarself waardig te ag vir die regte man.

En heel belangrikste... Maak seker dat die aand vir julle onvergeetlik is deur saam te bid en met haar te deel hoe waardig sy is en wat sy vir jou as pa beteken.

Views: 390

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service