PvR Gemeenskapskerk

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys.(1)

Wie (eerder as wat) sien ek daar?

'n Pelgrimstog  deur die strate van Parys, Frankryk. Ek het die afgelope vier jaar die voorreg gehad om 'n meer as een keer 'n paar dae deur hierdie pragtige stad se strate te stap en is diep getref deur die geskiedenis, drama, vreugde en tragedie wat daarin afgespele het. In die proses het ek wonderlike ervarings van die Here Jesus gehad soos ek Hom gesoek en gesien het in die stories en plekke waarin ek myself bevind het.

Ek nooi jou om dit met my te deel en te 'n dieper verstaan te kry van hoe Hy ons roep tot dissipelskap en stuur om ons gemeenskap te verander deur Sy Koninkryk te laat kom.

Hoe gaan dit werk? Ek pos elke oggend voor 8 uur 'n dagstukkie wat jy deur die loop van jo udag kan oopmaak en lees. Probeer ten minste so 20 minute uitsit vir 'n rustige tyd saam met die Here. Soos 'n reisiger wat op 'n staptog is (ons is mos pelgrims!) wat vir 'n oomblik sit om sy voete te laat rus en water te drink, terwyl hy die uitsig bewonder.

Elke dagstukkie sal 'n Skrifgedeelte bevat, 'n stukkie refleksie oor 'n spesifieke plek in Parys en dan 'n iets van my belewenis van Christus in die oomblik. Ek los dan so paar nadinkvrae wat jou die res van die dag kan besig hou.

Op 'n Vrydag los ek so paar gedagtes wat jy oor die naweek saam met jou gesin kan deurdink en gesels.

So, jy is uitgenooi! Vandag se skrifgedeelte is die "pelgrimspsalm" wat reisigers van die antieke tyd gelees of gesing het voordat hulle 'n lang reis aanpak. Lees dit rustig deur en vertrou die Here vir 'n reis wat jou lewe sal impak.

Slkrifgedeelte: Psalm 121

Views: 191

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Chris Homan op 24 April 2012 om 6:25

My lewe het my geleer dat mens net aan die Here moet vashou en glo in Hom wat aan die kruis gesterf het dan kan enige iets maar gebeur.  Goed of sleg dit is die pad wat die Here vir ons uitgelê het. Soms is ons egter hardkoppig en volg eerder 'n ander pad as die pad waar Hy wil hê ons moet gaan. Ek glo my hulp kom van die Here wat my op die aarde geplaas het in 'n situasie waar Hy my nodig het en waar ek vir Hom kan getuig en ook ander mens te kan help om weer op te kan kyk en die Here raak te sien.

Kommentaar deur Johan Meyer op 23 April 2012 om 18:44

As ek Bybelkennis lees hoor ek Prof praat.Baie stof tot nadenke,ek sien baie uit na die reis. Groetnis Broers

Kommentaar deur Jan Venter op 23 April 2012 om 14:45

Op die vrae wat Wardi geopper het is daar sinvolle leesstof by die webwerf www.bybelkennis.co.za. Dit is 'n werf waarvoor Prof. Jan vd Watt onder andere verantwoordelikheid neem en wat werklik sinvolle inligting bevat vir mense wat ernstig soek na antwoorde wat 'n mens laat dink. Lees iets oor Wardi se vraag HIER

Kommentaar deur Jan Venter op 23 April 2012 om 14:32

Dankie vir jou lekker eerlike gedagtes Wardi! Ek dink baie van ons worstel met dieselfde vrae en sukkel soms om die oenskynlike teenstrydighede van die lewe te verwerk. Reis saam, ons ontdek soos ons aangaan!

Kommentaar deur Wardi Smit op 23 April 2012 om 11:18

Ek moet se die gedeelte wat jy gekies het om mee te begin is vir my nogal kontroversieel. Ek moeet ook net se nie soveel in n negatiewe sin nie. Laat ek verduidelik of ten minste probeer. Ons woon in n tyd waar daar n mens baie in die nuus lees oor wat gebeur in ons land. Dan onstaan die vraag "Waar is God dan". Miskien bietjie meer persoonlik die feit dat kinders moet seer kry of hoekom gebeur slegte goed met "goeie mense". As God belowe om jou te beslerm teen alle gevare in vers sewe en in vers agt se Hy dit sal wees vir nou en vir altyd. Wat bedoel Hy met dit. Hoekom gebeur daar dan moord, roof, inbraak ens. Ek worstel met die gedagte. Verstaan mooi, ek worstel nie met die vraag of God wel bestaan nie. Dit is iets wat in geprent is in  my DNA. Dit is hoe praat die bybel van God se karakter en ek bsien en beleef dit anders. Die vrae wat dan opkom is, "Dien ons God dan werklik soos Hy dit wil he?" "Doen ons regtig Sy wil"

 

Vir my help dit nie om te se ons leef in n sondige wereld nie. Ons glo God bly dieselfde gister, vandag en more. God het die sonde oorwin aan die kruis deur Jesus. Hoekom gebeur slegte goed met ons? Hoekom bid ek vir iemand om gesond te word maar dit gebeur nie? As die Here se bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad aan doen nie, hoekom bly ns in self gemaakte tronk by ons huise?

 

Ek sien uit na die reis en hoop dat dar vir my antwoorde op my vrae is.

 

Groete

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service