PvR Gemeenskapskerk

Dit is ons as jeugspan se PASSIE en DROOM om die jeugbediening binne God se wil te doen, en regtig net Sy hande, voete en stem te wees waardeur ons jongmense en kinders Christus opreg ontdek en uitleef. Daarvoor het ons voortdurend insette en vernuwende gedagtes nodig. Ons droom is dat elke kind en jongmens 'n "FULLY DEVOTED FOLLOWER OF CHRIST" sal wees!

Verlede jaar het Phil saam met die jeugspan gekuier rondom Missionere jeugbediening, en ek het hom gevra om hierdie keer bietjie meer prakties te raak oor hoe ons dit kan toepas.....en WOW dit was ongelooflik sinvol!!!! Dit is baie moeilik om 'n uur en 'n half gesprek in 'n paar sinnetjies op te som, maar ek sal dit so sinvol moontlik probeer doen.

 "BEGIN WITH THE END IN MIND". Wat is die "life facor" van ons juniors, en wat is die "life factor" van ons seniors. Maar wat bedoel ons by "Life Factor"? Dit is die lewensles of lewensfaktor wat ons by ons kinders wou tuisbring op 'n seker oderdom en fase in hulle lewens.

Vanaf 6 tot 12 jaar - dus aan die einde van graad 7 (ons juniors) is die belangrikste faktor WYSHEID. In hulle tienerjare word ons jongmense onder soveel keuses en groepsdruk geplaas, dat ons by hulle wysheid moet kweek en "tools" moet leer hoe om binne hierdie situasies wyse keuses te maak. Wysheid is.....

       *  Kyk verby die keuse en sien die uitkoms en die gevolge

       *  Maak keuse ogv. jou spiritualiteit en nie ogv emosies en gevoelens  nie.

Vanaf die ouderdom 13 tot 18, dus aan die einde van graad 11 wanneer daar geloofsbelydenis afgele word, is die belangrikste lewensfaktor "COMMITMENT TO A RELATIONSIP WITH JESUS". So baie van ons jongmense verdwyn na belydenisaflegging - juis omdat hulle nie hierdie verbintenis met God het nie.

Ons moet saam met ons ouers hande vat, oor kwessies rakende ons kinders en jongmense gesels en idees uitruil en by mekaar leer. Ons gaan nog by vele geleenthede saam brainstorm hieroor, so assblief lewer kommenaar en gee julle insette. WAT IS KRITIESE KWESSIES WAT ONS BY ONS KINDERS EN JONGMENSE MOET AANSPREEK MET HIERDIE 2 FAKTORE AS "THE END IN MIND"!

Dit sal 'n voorreg wees as julle saamgesels en julle idees met ons deel. Totsiens tot volgende week.

 

 

Views: 104

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service