PvR Gemeenskapskerk


Ons het die voorreg gehad dat Phil Underwood ons van 21 - 27 Oktober kom besoek het. Phil woon in Atlanta, GA. Aangesien ons hom verlede jaar die eerste keer ontmoet het, was dit lekker dat hy vroeër die jaar saam met ons span ook die toer na Lenoard Sweet meegemaak het.


Phil het 'n hart vir die kerk en 'n passie om dit met mense te deel. Hy het by verskeie van ons groepe in die gemeente opgetree, onder andere by ons Familielofprysing, Nagmaalsviering, Gemeenteraadsbyeenkoms en die bedieningspan.


Phil het 'n treffende preek gelewer Sondagoggend tydens ons Nagmaalsviering. Het het ons herinner dat ons nie bang moet wees nie, want God is by ons. Kliek hier as jy na die preek wil luister.


Die insette wat Phil gelewer het, was insiggewend. Ons sien daarna uit om hom weer te ontvang en verder saam met hom 'n pad te stap.

Views: 46

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service