PvR Gemeenskapskerk

Pinkster 2011 - Stephan Joubert se gedagtes oor Phil Underwood

Stephan ken vir Phil reeds 'n aantal jare en ek het hom gevra om vir ons in 'n paar woorde iets oor Phil mee te deel. Hier is sy gedagtes:

"Phil Underwood is loshande een van die mees begaafde kerkleiers wat ek ken. Hy begelei ‘n aantal geloofsgemeenskappe in die VSA en elders in die wêreld om die Here op relevante, Bybelgetroue maniere te dien.

Phil beskik oor die wonderlike vermoë om ou waarhede vars en nuut te verpak. Ook slaag hy goed daarin om kerke op praktiese maniere te help om die Here se sout en lig in die wêreld te wees.

Wat my egter die meeste van Phil opval, is sy wysheid, insig en liefde vir Christus. Dit staan helder uit in alles wat hy doen."

Ons sien met groot verwagting uit na Pinkster saam met Phil!

Pinkster is van 5 - 9 Junie, elke aand om 19:00 in die Auditorium. Daar is elke kinder en jeugbediening en sop en broodjies vanaf 18:30

Sien jou daar!

Views: 40

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service