PvR Gemeenskapskerk

Pinkster - 'n bediening wat jou na jou Judea en beslis jou Samaria sal neem - die CMA !

Hi daar almal,

Ek wil in lyn met die Pinkster boodskap en die winterhoop projek van ons gemeente ook my uitnodiging, van die CMA Pierre van Ryneveld aan almal wat motorfiets ry, stuur.

Ons werk by die CMA sluit so mooi aan by "vertel jou storie" en "help/reik uit waar jy 'n verkil kan maak". Dit is nie nodig om nuwe dinge te gaan soek nie, jy het 'n geleentheid hier onder jou neus.

Tussen die bikers van ons gemeenskap (en daar is baie van hullle) is daar soveel geleenthede wat homself voordoen wat dinge eintlik vir ons maklik maak. Hulle is daar en ons hoef nie ver te soek nie. Die lekker hiervan is jy kan werk vir Jesus en dit geniet ook. Wat is lekkerder as om bike te ry, dit te geniet saam met ander bikers en die woord van God so uit te dra.

Die tammeletjie is egter om beskikbare en bereidwillige mense te kry wat dit regtig 'n erns wil maak om in hierdie bedieningsveld vir Jesus te werk en in ander manne/vroue se lewens 'n verskil te maak.

Ek doen 'n beroep op bikers daar buite wat hulle harte vir die Here gegee het en wat op soek is na "waar kan ek myself uitleef". Die CMA is werklik 'n "missionary" waar jy jou passie kan uitleef en 'n verkil in ander se lewens maak.  Dit sal jou beslis na jou Judea en meeste gevalle na jou Samaria toe vat.

As jou passie is om soos Jesus iets vir jou medemens te beteken, kom besoek ons Donderdae aande by die kerk onder die afdak (19:00).

Die oes is ongelooflik groot daar buite maar die arbeiders baie min.  Kom word deel van hierdie ongelooflike bediening en laat die Here jou werklik gebruik wat Hy gaan verseker.

Dis manne soos op die aangehegte foto wat die Here dringend nodig het, wat soekend is !STA74212.JPG

Views: 48

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service