PvR Gemeenskapskerk

Sondag het ek gepreek uit Lukas 18: 9-14, die gelykenis van die Fariseer en die Tollenaar. Die skakel is op die voorblad onder "Preke" as jy daarna wil luister.

In my voorbereiding daarvoor het die teks ongemerk my op 'n manier omgedop en 'n nuwe perspektief of twee gebied.

Punt is, Christenwees gaan oor Christus. Nie al die ander "ekstras" wat ons deur die jare in die kerk bygevoeg het nie. Ons gemeente se fokus vir die tyd wat kom is "Ontdek en Leef Christus", wat presies is wat dit beteken om christen te wees.

Ek het baie draaie geloop in my bediening, baie boeke gelees, baie verskillende ervarings opgedoen en dis vir my fantasties om op my jeugdige ouderdom van 45 VERSEKER te weet dat sonder Christus my geloof sonder meer nutteloos en kragteloos is. Christus is besig om al hoe meer sigbaar te word vir my, soos ek dit regkry (ook maar sukkel-sukkel) om myself te kruisig en volledig op Hom te vertrou. Hy is my Verlosser, wat vir my hier kom leef het en vir my hier gesterf het. My sukses is in my afhanklikheid van Hom. My potensiaal is in my swakheid in Hom. My impak is in my agtervolging van Hom.

Ek het hierdie gedeelte uit "A Jesus Manifesto" (Leonard Sweet/Frank Viola) aangehaal in my preek. 

Christians have made the gospel about so many things … things other than Christ.

Jesus Christ is the gravitational pull that brings everything together and gives them significance, reality, and meaning. Without him, all things lose their value. Without him, all things are but detached pieces floating around in space.

It is possible to emphasize a spiritual truth, value, virtue, or gift, yet miss Christ . . . who is the embodiment and incarnation of all spiritual truth, values, virtues, and gifts.

Seek a truth, a value, a virtue, or a spiritual gift, and you have obtained something dead.

Seek Christ, embrace Christ, know Christ, and you have touched him who is Life. And in him resides all Truth, Values, Virtues and Gifts in living color. Beauty has its meaning in the beauty of Christ, in whom is found all that makes us lovely and loveable.

What is Christianity? It is Christ. Nothing more. Nothing less. Christianity is not an ideology. Christianity is not a philosophy. Christianity is the “good news” that Beauty, Truth and Goodness are found in a person. Biblical community is founded and found on the connection to that person. Conversion is more than a change in direction; it’s a change in connection. 

Dit is doodgewoon die waarheid!

Van die teksgedeeltes wat ek nie kon aanhaal in my boodskap nie is 2 Kor 5:21, Fil 3:9, Rom 3:28; 4:4-6; 5:18-19; 10:3-4,1 Kor 1:30;. Gal 2:16. Lees dit gerus en dink na oor Jesus Christus en of Hy die middelpunt is van jou lewe. Ek is op hierdie stadium daarmee besig.

Gesels gerus saam!

 

Views: 55

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Ilse Hugo op 18 Januarie 2011 om 12:35

Die preek van Sondag het ook 'n hele paar mense wat daar was, omgedop. Die preek het my gedring om sonder enige pretensie, net soos ek is, voor Jesus te staan en te sê: "Hier is ek, en dis net ek. Daar is niks om my op te dollie nie- nie 'n masker, klere, juwele, spreekwoordelike fluitjies of enige aardse hulpmiddels nie"

Dit laat mens enersyds kwesbaar (maar dit is kwesbaar voor God en dit is ok) en andersyds sterk in die eerlikheid van die oefening. Dit gee mens 'n ticket to freedom, om te wees soos mens gemaak is- elkeen op sy eie manier en dit gee my vrymoedigheid om net te  kan "wees" in die lewe vandag. Ek is die lampie, maar Jesus is die paraffien en die pit wat sorg dat ek lig maak.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service