PvR Gemeenskapskerk

Vanoggend gesels ons by die junior groep oor die val van die mens. Ons het dit nie so beplan nie maar saam met die swart linte is hierdie verhaal baie van pas! Ja, daar waar al die moeilikheid begin het! Ons wou by die kinders weet wie se skuld is dit? Adam, Eva of die slang?  Ons almal sê so maklik "maar my maatjie". Nou weet ons waar dit begin het!! Een van die seuntjies sê toe: as ek in die vuur gaan spring, wie spring saam, niemand wou saam met hom spring!  Maar sy idee was heeltemal reg!  Daar was nog ander vrae ook - miskien moet julle almal ons help!  Waar is die tuin van Eden? Bestaan dit nog? Word die tuin nogsteeds deur 'n engel opgepas?

Ons het ook oor die swart linte gesels - kinders is baie vol vrae, idees. Ons gaan saam die swart linte dra!

Views: 48

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service