PvR Gemeenskapskerk

Ek sit saam met my gesin vir 'n laaste koppie koffie voor ek weer vannag vir 'n maand na Nijmegen in Nederland vertrek. Praat van gemengde gevoelens! 

Die geleentheid om te studeer met Stephan Joubert as studieleier, in die departement van Jan van der Watt by die Radboud Universiteit kom net een keer in 'n leeftyd. Die ruim beurs maak dit moontlik vir my om op hierdie lewensveranderende reis te wees. 'n Reis na die landskap van my denke. Ek reis graag deur die landskap van my hart en my siel en hierdie denke-landskap is 'n uitdaging. Maar ek groei en leer en ek is diep dankbaar.

Dis ook 'n reis na inspirerende plekke uit vorige eras. Ek knyp myself elke keer as ek daaraan dink dat die Here my die geleentheid bied.

Dis ook 'n "weg" reis. Weg van my gesin. Die pynlike wegwees stroop my van al die "gewoond wees" en ek herwaardeer vir Hester en die dogters, my ma en die ander hartsmense in my lewe. "Absence makes the heart grow fonder", ja, maar ai!

Ek mis ook my geloofsfamilie. Die Here het my 'n ongelooflike passie gegee vir die mense in ons gemeenskap en ons geloofsfamilie. Ek het die mees kosbare verhoudings oor die laaste paar jaar ontwikkel. Saalgenote, jukgenote, vrinne, geesgenote, sielsgenote .... "huisgenote". Julle is deel van my lewe en om nie hierdie Sondag julle lekker bekende gesigte te sien en saam te wees nie, is 'n on-lekker vooruitsig.

Maar dis reis .. 'n opeenvolgende proses van afskeid en ontmoeting. Ek nooi jou om saam met my te reis deur my Facebook en Blogs op ons webwerf. Ek deel dit graag met jou. Want jy is deel van my.

Views: 70

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service