PvR Gemeenskapskerk

Volg ons op Facebook en Twitter. Soek vir Jan Venter se profiel teken in! Hallo al die reisgenote. Hierdie opdatering doen ek van 10000 vt in die boeing van Delta Airways. Ons is oppad na Los Angeles vanaf Atlanta, maar wag, kom ek begin by die begin.

Ons het 2115 vertrek op 13 Maart vanaf Johannesburg. Geld geruil, gesukkel met stakende rekenaars en lekker gelag en geskerts van opgewondenheid.

Die Delta personeel was baie vriendelik, maar ons is drie keer gevisenteer voor ons kon inklim. Lekker sitplekke, lekker aandete en laaang sit vir die eerste skof na San Juan in die Bahamas... So 13 ure. Petrol ingegooi en lank gewag vir kajuitpersoneel wisseling en admin.

Laat opgestyg en toe laat aangekom op Atlanta en ons oorstap vlug verpas!! Gelukkig is ons deur doeane met spoed (net Pierre du Plessis is afgtrek vir uitpak. Tussen Karel Verhoef (ervare reisiger) en Phil Underwood (VSA lid van die toergroep) is ons spoedig op die volgende vlug geplaas.

'n Paar van ons het bystand kaartjies moes neem, maar wonder bo-op wonders kom almal vir oulaas op die vlug vanwaar ek skryf. Styfsit, klein sitplekke, maar lekker geselskap en sommer alreeds allerhande verfrissende gedagtes wat uitbroei

Die volle toergroep bestaan uit Stefan Joubert en sy dogter (sy is 'n teologie student), Jan, Henk, Elmo, Sampie en Karel. Dries Lombaard van E-kerk is daar asook Pierre van 3d Place, Jaco van "die Kruik" gemeente in Secunda, Benja van Lydenburg, en Kobus van Duet gemeente in Potchefstroom. Voorwaar lekker vars denkers en darem ook prettige reisgenote.

Kyk gerus na fotos van die reis,

Views: 36

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Louise Jackson op 15 Maart 2010 om 12:30
Hallo almal! Dis sooo lekker om te weet julle is nou uiteindelik daar. Geniet elke oomblik, slaap min, doen alles wat daar te doene is en vertel net vir ons almal daarvan! ;-) Al die Jacksons
Kommentaar deur berna pretorius op 15 Maart 2010 om 7:52
hi julle.......hier in Afrika roer en rumoer dit nog steeds. kan julle al whater sê? ai Pierra! hou nou die familie se naam hoog, wat hoor ek van uitpak....kani wag vir al die nuus nie en fotos natuurlik. drink lekker Starbucks koffie dans julle sommer almal vrolik en wakker. blessings! berna & kie

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service