PvR Gemeenskapskerk

See Kamp 2013

’n Busrit om nooit te vergeet nie.

Vanoggend net na 4:30 vertrek ’n bus vol “super” opgewonde see kampers na Sodwana. Propvol energy en die nodige padkos begin die lang tog op soek na see, strand, vriendskappe, stilte en natuurlik ’n ontdekkings tog na onsself en God.

Ons reis het in digte mis begin en bitter swak sig het veroorsaak dat  ons skaars bo die 30 km/h kon ry vir die eerste 40 km van ons reis. Met sonsopkoms het die mis gelig en was dit soos hul sê “clean sailing” tot by Sodwana, met die nodige gerieflikheid breuke het ons sterk op skedule gebly en kan ons in diep dankbaarheid sê dat ons veilig en voorspoedig gereis het ten spyte van ons uitdagings. Nou is dit vir tent maat kies, bed opmaak en nes skrop want vir hierdie week is hierdie ons tydelike huis. Ons is ongelooflik opgewonde oor die tyd wat voorlê en met die weer gaan die winterklere beslis vir eers in die tas bly.

Volg hierdie week die See Kamp blogs en volg wat gebeur, hoe die weer is en wat aan die gang is, lewer ook gerus kommentaar en stuur boodskappe via die blogs. Ons glo See Kamp 2013 gaan ’n lewens veranderende ervaring wees. Bid vir ons, volg ons en deel in die avontuur waarin ons tans leef.

Vir eers is dit al van ons kant af, want as ek te lank hier voor die rekenaar sit gaan ek iewers uit mis en soos  hul sê “if u snooze you loozs” en al is dit net herinneringe en ervarings is see kamp nie ’n plek waar jy wil uit mis nie. Jul hoor gou weer van ons, so hou die spasie dop.

Groete van die See kampers.

Vreugde

Views: 92

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Corne Gorgens op 30 Junie 2013 om 18:04

Ek hoop julle neem baie foto's.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service