PvR Gemeenskapskerk

Seekamp 2013  Dag 2

As jy al ooit van ’n “rude awakening” gehoor het dan moet jy vir Herman vertrou met ’n Amerikaanse App op sy smartphone wat ons half 7 in die oggend mee mal maak!

Vinnig word ‘n koppie boeretroos gesluk voordat ons ’n rustige tydjie in die natuur saam God spandeer. Met die wind wat deur jou hare waai  en vreemde verfrissende waterdruppels wat op jou Bybel val, is daar geen ander manier om jou eerste seekamp dag te begin nie.

Magies is gevul met heerlike roereier en vars brood te danke aan Hoof Kokkedoor  en  Assistente.  Soos ‘n klomp blou skapies het ons trots met ons seekamphempies  die uitmergelende staptog tot by die bus wat  100m vêr was aangedurf. Danksy ons busbestuurder oom Phillp het ons sommer vinnig-vinnig by die strand aangekom,  en ons dag van son, see en sand kon begin.

Stefan en Cheryl , ons kreatiewe “entertainment team”, het ons dag ingelei met ’n paar               voorkeur-speletjies, bv. soet vs sout, facebook vs twitter. Vêrder is ons in groepe gedeel en die groot sports het begin. Strand “volleyball” met ’n twist, strand sokker en  “Ultimate Frizza”, wie sou kon dink dat ’n eenvoudige stuk plastiek soveel pret en krampende kuite kan veroorsaak!

Die wat nie bereid was om die koue water aan te durf nie, kon lekker warm bak in die winter son en mekaar beter leer ken.  Beserings was daar wel, maar niks wat Suster Anna nie kon hanteer nie!

Batterye is weer gecharge met ’n glasie oros en ’n toebroodjie.

Met sand ORALS is ’n lekker warm stort die perfekte oplossing maar ongelukkig was ‘n koue stort die enigste uitweg! Seuns soos regte gentleman’s het hulle badkamer vir ’n uurtjie opgeoffer  sodat die dogters weer vars kon voel.

Aandete was nes jou ma se kerrie-en-rys (indien nie beter nie), vol punte vir die Kokkedore! Die Geestelike program het Praise and Worship behels wat jou skoon hoendervleis gegee het. Verder het Herman ons met die vraag van “Wie is God” genader en ons laat dieper dink oor wie ons Hemelse Vader werklik is en hoe ons Hom sien. Aand is afgesluit in aparte groepe.

’n Beter dag kon ons nie voor gevra het nie!

 

Wow........... J As die week so begin, kan ons nie wag vir dit wat volg nie!

Groete van ons See Kampers:  Chante en Marissa

Views: 100

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service