PvR Gemeenskapskerk

See Kamp dag 3 deur die oe van Imogen Scott en Cindy van Rooyen: Ons het almal vroeg opgestaan met sirenes komplimente van Herman en daarna ‘n heerlike stiltetyd gehad in die natuur. 

Dis amazing om te sien hoe die Here met elke persoon werk in die stiltetyd.  Na ons ontbyt van worsies en eierbrood het ons reggemaak om see toe te gaan.  Dit was lekker warm op die strand en ons was reg vir aksie!

Al die spanne het aan ’n kreatiewe, motiverende naam gedink en daar was selfs ’n kreatiewe dansie van die pink flamingo’s span.  Ons het lekker gelag vir die intieme oorgee van lemoene wat in ons nekke vas geknyp is en daarna moes ons ’n hele swart asdrom vol water kry met net twee koppies. 

Alhoewel dit redelik lank gevat het om die asblik vol te kry, was dit baie pret.  Ons het almal normale strand dinge gedoen soos hoela hoep, lemoene eet, in die son bak en natuurlik – in die see swem.  Die seewater was baie warm en die water was so helder dat ons die visse in die golwe kon sien. 

Op die strand het ons worsbroodjies vir middagete gehad saam ons ou geliefde drankie: OROS!  Almal het spanne gemaak en vir oulaas ’n rondte frisbee en touch rugby gespeel.  Herman moes ons uit die see uittrek en uiteindelik het ons so drie-uur se kant die groot tog terug na ons kampterrein gemaak.
 

Ons was baie dankbaar om vir ’n slag weer warm storte te hê en nou dat ons skoon is, is ons honger vir die lekker aandete en ’n goeie geestelike ervaring saam Kenny ons sang leier en Herman.  Om God hier in die natuur te ervaar so vêr van die stad af is werklik iets besonders.  Ons is elke keer verbaas as God homself openbaar aan ons in ’n nuwe kreatiewe manier. 

Views: 85

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service