PvR Gemeenskapskerk

Dag 4: Deur die OE van Marjo-Lise Poisat en Sunette van Rooyen 

Awesomeste dag ooit!

Om ‘n oggend te begin deur vroeg op te staan met die geluide van voëls en die branders is ongelooflik en dan nog koffie te kry en saam vriende te kuier. Worship was net amazing, het geen woorde om dit te beskryf nie. Om die Here te beleef in stilte tyd gee ons krag en rustigheid om die dag aan te pak.

Dan skarrel almal rond om hul baai pakkies aan te trek en betyds te wees vir vrotkol. Op pad strand toe met die bus al is dit net 3 km vêr. Om dan 600 m te stap met ‘n rash is nie baie aangenaam nie. Die seer spiere wat ons kry as ons vêr stap na ons spot toe is definitief die moeite werd. Die sand kastele was toe nie so maklik om te bou as jy dit moet bou volgens jou span se naam nie.

Almal is vol sand en hardloop reguit in die water in om af te spoel. Om ‘n golf te “bodysurf” is vet pret tot die golf jou rol. Die seelewe tussen die rotse is asemrowend mooi net soos die vakansie romanse wat hoog loop in die wolke in, dis asof die paartjies hulle sielsgenote gevind het. Sodwana baai verander in Lovers lane. 

Ons almal sien uit om aandete te eet en rustig te raak vir die prays and worship en om in hulle groepies te gesels oor die preek. Die prays en worship was onbeskryflik,om almal te sien wat saam sing en regtig die Here loof was “breath taking” gewees. Die vrae wat ons gehad het, het ons gehelp om te verstaan hoe dit is om brood en wyn verhoudings te he.

Dis hoekom die dag so awesome was want ons het baie van mekaar geleer en verstaan mekaar nou beter.

Views: 89

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Corne Gorgens op 3 Julie 2013 om 18:27

Dit lyk of julle ongelooflike heerlike tydtjie het! Geniet  dit maar sit nog meer fotos op asb.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service