PvR Gemeenskapskerk

Seekamp 2013 Dag  5

Vanoggend met die lekkerste warm weer opgestaan, mooiste sonsopkoms en lekker windjie wat gewaai het. Bacon en eiers vir ontbyt gehad. Soos elke oggend net na 9 het ons af strand toe gery met die opgewondenheid dat ons moontlik ons snorkel duik sessie wat ons gister begin het vandag mee kan aangaan.

Die see was ongelukkig te rof en dit was hoë gety, ons almal het maar gehoop dit lyk beter na middagete...  Ons het ’n groep foto geneem en ‘n paar speltjies gespeel soos om ’n wortel aan te gee met ons kniee en om te probeer opstaan rug teen rug sonder om ons hande te gebruik, VET PRET! Daarna het ons so mengelmoes van boeresport speletjies gepeel waar ons begin het om te kruiwaloop vir ±8 meter, dan ’n tennisbal met ons neus stoot in die sand vir nog 5 meter, op een been spring  vir ’n paar meter(het vir my gevoel soos ’n ewigheid!) ’n hap in ’n appel wat wat in ’n emmer seewater dryf en dan afgesluit met ’n sweety in meel met ’n glasie koeldrank saam daarmee...

Baie lekker gelag vir almal wat ge’’faceplant’’ het en al die kersvaders met hulle meel baarde. Die res van die dag kon ons op die strand ontspan, snoepie toe gaan, touch-rugby speel of ’n lekker game van frizbie gooi met ’n tennisbal. Ek dink die hoogtepunt van die dag vir my en meeste van die ander was toe Stefan hulle vir ons sê dat ons almal bietjie vlooimark stalletjies toe gaan, gaan.

Daar was die lekkerste pynappel lollies wat van klein, medium en groot pynappels op stokkies gemaak is. Meeste van ons het maar ’n klein pynappeltjie gekoop maar ’n paar brawe manne het die medium en selfs die groot pynappels gekoop! Koorsblare hier kom ons! Was ’n lekker warm dag saam met lekker pynappels wat ons afgeluit het met goeie praise en worship en ’n baie goeie diens van Herman. Nou vir lekker kuier om die vuur met koffie of hot chocolate, ’n chocolate muffin en lekker geselskap! Great dag gewees!

 

Anzel Reynecke

Views: 93

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service