PvR Gemeenskapskerk

Seekamp 2011 koors is hoog en dis presies nog 22 slapies voor ons vertrek na Sodwana waar die jaar se hoerskool seekamp gaan wees....en glo dit as jy wil dit word elke dag minder. Ek weet nie wie is die meeste opgewonde nie, die jongense of die span nie?

Maar wat is my droom vir die seekamp, 'n vraag wat ons span mekaar gereeld afvra. In die week, een oggend toe dit so snerpend koud is....daardie koue wat tot op die been sny en wat so pynlik is want daar is bitter min dinge wat dit kan beter maak, dink ek weer aan die vraag. Ek ry in my warm kar met verhitte sitplekke en sien die prentjie van stukkende families wat nie warm komberse het om onder te slaap nie, waar die kinders moet beurte maak om etes te eet want daar is net doodeenvoudig nie geld vir genoeg kos sodat almal elke ete versadig kan word nie, en die prentjie waar daar geen liefde en omgee vir mekaar is nie en waar dit so yskoud en liefdeloos in die huis is dat daar geen belewenis van die warm hart van Christus is nie. Ons dink altyd hierdie is stories van mense in Danville, maar dit is my en jou bure, die kinders in ons skole...ons gee net nie genoeg om om dit te weet nie.

Maaar wat het die prentjie met die seekamp te doen. Alles. My droom is om vir elke jongmens, of hulle dit nou kan beskostig of nie, die geleentheid te gun om die seekamp belewenis mee te maak. 'n Seekamp is 'n unieke ervaring. Die see is een van die ongelooflikste skeppings wat ons moet resprekteer maar wat ons ten volle kan geniet, en soveel van ons jongmense was nog nie eers by die see nie. Die vorige jeugbediening waar ek was, het jaarliks 'n Glenmore seekamp gehou. Ek onthou die een kamp waar 'n jongmens saam was, wat in die prentjie bo beskryf is, en wat nog nooit by die see was nie. Daardie oomblik toe hy die eerste keer die sand tussen sy tone voel, die ongelooflike krag van die see beleef, het die trane oor die jongman se wange gerol en is sy lewe in 'n oogwink vernuwe. By 'n seekamp is daar geleenthied om die Here te loof en prys, daar word geestelike ervarings geskep en daar is alleen tyd op die duine waar die Heilige Gees die meeste van sy werk doen, maar daar word ook gespeel en gelag...ook iets wat ons jongmense bitter min doen deesdae.

Op die kamp wil ons geleenthede skep waar ons jongmense opnuut God kan ontdek, en hulle plek en wie hulle in Christus is, en dan vir hulle 'n paar "tools" te gee om hulle hartseer en onstandighede te gebruik om daar waar hulle elke dag leef, Christus te kan uitleef.

As gebed jou passie is, doen asb voorbidding vir die kamp. Ons behoftes op die stadium is dat die jongmense wat 'n brandende begeerte het om te gaan en dit nie kan bekostig nie, die vrymoedigheid sal hê om daaroor te kom gesels, en bid ook asb dat ons hulle met liefde en teerheid sal hanteer. Bid asb vir die logstieke, waarvan die kombuis op die stadium die grootste uitdaging is. Bid ook asb vir die geestelike program, bid dat Herman en die res van ons ontvanklik en oop is vir die Heilige Gees se werking en dat ons Sy stem sal hoor bo al die ander lawaai!

As jy ons droom deel, en jy wil help, kyk na die lys van behoeftes en kyk waar jy kan help. Kom loer gerus in by die jeugkantoor. 

  • BORGE – KAMPGELD BELOOP R 980 PER KIND WAT INSLUIT VERVOER, KOS, AKTIWITEITE
  • ADDISIONELE BEDRAG VAN R200 PER KIND VIR SAKGELD
  • 2 SAMELS, GROOT SLEEPWAENS
  • BOSKOMBUIS
  • KOS:
  1. BESKUIT (85 MENSE X 6 DAE)
  2. VLEIS – SKAAP( 1-2), VARK(TJOPPIES), BEES(AGTER KWART)
  3. MAALVLEIS
  4. HAMBURGER PATTIES
  5. WORS- ONTBYT EN BRAAIWORS
  6. ROOIWORSIES
  7. BACON
  8. GROENTE – TAMATIES,WORTELS, BOONTJIES, AARTAPPELS
  9. VRUGTE – LEMOENE, APPELS, ENS.
  10. BOTTER, GRONDBOONTJIEBOTTER, STROOP, KONFYT
  11. KAAS
  12. MAYONAISE, TAMATIESOUS, MOSTERD, BLATJANG
  13. EIERS
  14. SAP
  15. KOFFIE, TEE, LANG LEWE MELK, HOT CHOCOLATE, SUIKER
  16. DOSE BAKER KOEKIES, MARSHMALLOWS
  17. KLEIN BAKKIES YOGHURT
  18. MIELIEMEEL, RYS
  19. TAMATIE EN UIESMOOR
  20. BLITZ, CHARCOAL

 

Views: 60

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service