PvR Gemeenskapskerk

"It's the final countdown"en daar is net 4 dae oor voor ons vertrek Sodwana toe. Ons het gisteraand 'n saamkoms met die ouers en jongmense gehad waar die finale reelings getref en deurgegee is. Nou word die laaste kos nog gekoop, die laaste geldsake word uitsorteer en dan is ons oppad! Hier is die inligting wat aan die ouers deurgegee is, ingeval iemand dit gemis het....

***************************************************************************************************************************************

***************************************************************************************************************************************

Baie dankie dat U die moeite gedoen het om vanaand se vergadering by te woon. Ons is almal verskriklik opgewonde oor die seekamp wat voorlê. Wees verseker dat ons alles menslik in ons vermoë sal doen om te verseker dat u kind ‘n onvergeetlike ervaring het. Hier volg net ‘n paar praktiese reëlings: 

  • Alle tente, stoele, beddegoed, enige iets buiten tas met klere wat moet saamgaan moet Woensdagaand tussen 6 uur en 7 uur by kerk afgelaai word onder die afdak. 
  • ONS NEEM GEEN VERANTWOORDELIKHEID vir selfone, iPod ens nie. Selfoon nommers igv nood is Lizette 0780779394, Hanlie 0823312408, Herman 0716895120. Ons het  ons selfone heeltyd by ons nie, so indien ons nie antwoord nie stuur sms en ons bel onmiddelik terug sodra ons boodskap kry. 
  • KLEIN TAS ASB: Ons pakplek is beprek. ‘n 7 dae vooruit weervoorspelling kan op dv. Websites gekry word: www.sodwanabay.com/index.php                                                                                                      Gemiddelde temperatuur is met sonsopkoms half 7 die oggend 15/16’ en wissel dan in die dag tussen 17/23’ en in die aand enige iets tussen 15/20’. Sonskyn vanaf 8h00 tot 17h00. 
  • BLOG: Ons gaan probeer om daagliks te blog en ‘n foto of twee op te sit. So gaan gerus op ons website in by www.pvr.co.za en gaan kyk of daar opdaterings is. Prosedures is: Tuisblad, regs is Nuusflitse, en onder dit ontvang nuus. Sien die seekamp prentjie en onder staan “kliek hier vir seekamp nuus”. 
  • VERVOER: P Bier se nuutste bus word gebruik, Semi Lux met lugreëling. Ons het besluit om eerder Saterdag oggend te vertrek en nie Vrydagaand deurnag te ry nie. So ons kry mekaar 5h00 Saterdag oggend by die kerk. 
  • ROETE: N4 tot by Middelburg, Hendrina, Ermelo, Piet Retief, Pongola, Hluhluwe, Sodwana. 
  • STOPPE: Shell Ultra Middelburg (15 min stop), Piet Retief (15 min stop), Pongola (45 min) eet Hamburger en Chips by Wimpy (eie onkoste R35), Sodwana! 
  • NOODPROSEDURE: Pap wiel maak busbestuurder reg, klein probleme maak busbestuurder reg en ernstige problem kontak naaste padbystand (busbestuurder het besonderhede wie hy moet kontak) en die nodige procedures word gevolg volgend hulle diskresie. 
  • VERBLYF: In tente. Onthou opblaasmatras en warm kombers en kussing. Flits is belangrik. Jongmense moet asb. probeer om tente te deel, aangesien ons pakplek beperk is. Sodwana se kampplekke is seesand! Dit is regtig lieflik! 
  • DAAGLIKSE PROGRAM:(tentatief)   

6h30 – 8h00              stiltetyd op strand                                        

9h00 – 10h00             ontbyt by die kamp                                                           

10h30 – 13h00           program op die strand  en snorkel 

13h00 – 14h00           middagete

14h00 – 16h00           Chill op die strand

17h30 – 18h30           Eet

19h00 – 21h00           Geestelike aandprogram

23h00                       Stilte & Ligte uit 

  • VEILIGHEID:               

*       Ons doen alles in ons vermoë om veiligheid te verseker, maar daar is gevalle van diefstal.

*       Ons het een persoon, Freddie Klinkhamer wat die dissipline en veiligheid op die kamp hanteer.

*        Seuns en dogters se tente word apart opgeslaan , en mentors se tente sal tussenin opgeslaan wees.

*        Die jongmense sal slegs in groepe beweeg, en niemand sal alleen by die kampplek agterbly nie.

*        Een van ons werkers, Sipho , gaan saam as spanlid om te help met die veiligheid. Hy word as volwaardige spanlid hanteer en sal ten volle aan alle aktiwiteite deelneem.

*        DRANK, HUBBLY BUBBLY, DWELMS: Indien ons die genoemde in die besit van ‘n jongmens ontvang, sal die ouers dadelik gekontak word en die kind sal onmiddelik, op die ouer se onskoste , vanaf Richardsbaai lughawe teruggevlieg word.

*        Streng sekuriteit sal toegepas word en ons sal optree volgens ons diskresie.

*        Ape en meerkatte is ‘n groot probleem. Moet niks kos laat rondlê nie, en moet niks voer nie.

 

Baie dankie dat u u kind aan ons toevertrou. Bid asb voortdurend vir  ons veiligheid, vir ons geestelike program en dat ons jongmense God op ‘n unieke manier sal beleef. Inspirerende sms’e en boodskappe op Hanlie, Lizette en Herman se selfone is welkom, en lewe asb kommentaar op ons blogs. Dit sal lekker wees om van U te hoor.

Views: 16

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service