PvR Gemeenskapskerk

Ons het vanaand die waentjie met die tente, stoele, matrasse, beddegoed, worship tent en kombuis gazebos gepak......en wat 'n vrag. Kan nie dink dat 'n kamp met 60 mense soveel pakkasie het nie, en die klere is nog nie eers by nie. Die manne het dit in 'n gewone 4X4 waentjie probeer inpas, maar geen geluk. Gelukkig het ons 'n groot "quad" waentjie as "backup" gehad, (dis net weereens 'n bewys dat 'n mens altyd 'n backup moet he) en alles pas gelukkig met gemak daarin..... nou is daar geen omdraai meer nie. Maar ek moet se, ek dink nie enige iemand wil omdraai nie. Die opgewondeheid is groot!

Nog 2 slapies vir die deel van die span wat Vrydag vertrek, en dan 'n skamele 3 slapies vir die jongmense en die 6 spanlede wat saam met die bus gaan vertrek. Vir diegene wat in Pretoria agterbly, bid asseblief onophoudelik vir die kamp. Bid vir die leiers, bid vir die jongmense, bid vir die musiekspan en bid dat ieder en elk op die kamp 'n unieke en intieme ervaring met God sal beleef.

Dankie vir elke ouer wat sy kind aan ons toevertrou, dankie vir die jongmense wat hulle kosbare lewens met ons hierdie week gaan deel, dankie vir elke spanlid wat so hard werk en dankie vir elke persoon wat in gebed vir ons gaan intree. Elkeen van julle is kosbaar!

Views: 31

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service