PvR Gemeenskapskerk

Goeiemore! Ons het gisteraand  heerlik geslaap, so die energie en opgewondenheid is hoog vandag en almal sien vreeslik uit na die dag. Ons het 'n ongelooflike groep jongmense hier, geen probleme sover gehad nie en almal kuier heerlik saam. Ek se nou net vir die meisies dat ek regtig beiindruk is. Ek het myself gereed gemaak vir 'n baklei gisteraand omdat daar nie stilte is nie, maar 11 uur toe dit ligte uit is is almal in die tente en dis doodstil met net die "highway, soos Lizfab dit noem" in die agtergrond. Wat 'n voorreg.

Vanoggend maak die leierspan kos, die gebedstent word "gebou" en die jongmense word in groepe ingedeel. Ons beplan om 9 uur te eet, en rondom 10 uur strand toe te gaan en lekker te jol.

In ons leierspan se stilword vanoggend, besef ons net weer watter groot voorreg dit is om met ons groter familie se kinders te werk. So vandag is ons "vol" sodat ons kan mag uitgiet in hul lewens. Dankie Here!

 

Views: 13

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service