PvR Gemeenskapskerk

Sewe van ons spanlede, met ons kinders, het vanoggend kwart voor 7 met groot opgewondenheid vanaf die kerk vertrek op die Sodwana seekamp. Die pad was beter as wat ons verwag het, net so 10 km buite Ermelo, en die pad tussen Piet Retief en Pongola was sleggerig.......maar met 'n rustige gemoed en baie geduld was dit nie te erg nie. Dit is nou half 9, ons tente is opgeslaan en ons sit heerlik langs die vuur en kuier en gesels oor die dinge van die lewe. Ryno en 4 lede van die "band" is nog oppad, so ons wag rustig om hulle te help om gou hulle tente op te slaan. Wat 'n fantastiese voorreg om onder die sterrehemel, met net die naggeluide en ongelooflike geselskap te sit en kuier en te connect voor 'n baie besige seekamp more begin. Ons het vandag vanaf die begin die Here se liefde en genade ervaar en se met nederigheid dankie vir 'n ongelooflike voorreg om die met ons jongmense mee te maak.

 

 

Views: 28

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service