PvR Gemeenskapskerk

Tydens al ons leiers se baplanningsvergaderings was ons hoofdoel van die kamp verhoudings bou. Ons wou nie ons program so volprop dat jy moes jaag van een ding na die ander nie. Ons wou tyd he om stil te staan en net lekker te kan gesels. Ons wou tyd he om saam met God stil te raak en by sy voete te sit en net omvou te word met sy liefde. Op die kamp het ons gesien hoe verhoudings gegroei het tussen ouers (ons leiers wat saamgegaan het) en hulle kinders, boeties en sussies, leiers en jongmense, vriende, groepslede onder mekaar en leiers onderling. Dan natuurlik, verhoudings met ons Skepper en Vader.Die ongelooflikste was, dat die ouderdomverskille geen verskil gemaak het nie. Almal het ewe lekker saam gekuier, gesels en gebid.Wat 'n ongelooflike ervaring.

Die maand of 2 voor die seekamp was in ons huis taamlik dol. Dit was oorgeneem deur sportprestasies - Gauteng Noord hardloop en SA's dans. Ons lewe het gedraai rondom rondjaag van die een punt na die ander.  Dit gaan naderhand so dol dat verhoudings afgeskeep word. Ek en Karel kry skaars tyd om te gesels, daar is nie eers sprake van verhoudings met vriende nie, gesprekke met die kinders raak al minders en stiltetyd word afgeskeep. Ek het net weereens op die kamp besef dat daardie tipe van prestasies niks werd is indien jou verhoudings nie solid is nie.  Die lewe gaan oor sinvolle verhoudings met mense om ons, sinvolle verhoudings met geliefdes en "n sinvolle verhouding met ons Vader. Natuurlik is dit belangrik dat ons kinders presteer, maar as verhoudings daardeur seerkry moet ons dalk weer herbesin of dit God se droom vir ons is.

Wat was my Godly moments op die kamp? Elke keer as 'n paar van ons leiers vir 'n uur saam gaan bid in die gebedstent, en ek die ongelooflike teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons midde beleef. Elke oomblik op die strand is 'n Godly moment want, vir  my, is dit een van God se ongelooflikste skeppings en as ek vir die see sit en kyk beleef ek dit voortdurend. Ek duik graag, en se altyd sodra ek onder die water gaan, voel dit of ek in die Hemel se tuin rondspeel, so mooi en rustig is dit. Die worship in die aande was net ongelooflik. Die hele kamp kan eitnlik beskryf word as 'n Godly moment. Die laaste aand op die strand was 'n hoogtepunt, en dan het ek gereeld saam met elkeen van my kinders, Jana en KC, in die gebedstent gaan bid, en dit was 'n ongelooflike Godly moment. Met elke gesprek, elke drukkie, elke glimlag en elke traan het ons God se intense liefde en teenwoordigheid in ons lewens beleef.

My kar se teenspoed oppad terug, was, dit klink baie vreemd, 'n Godly moment. Een oproep, en 2 karre was binne 10  inute by my. Ek en die kinders het nie vir een oomblik bang, alleen of verlate gevoel nie. Die hele bus het vir ons veiligheid gebid, die sms'e en bbm's het ingestroom en almal se care en omgee was meer werd as " goud en brand names". Tydens daardie 2 dae, was ons nooit allen gewees nie. Stefan en Sheryl het hulle 2 dae Cape Vidal  "trippie" opgegee, Freddie en Lizette het eers 2 uur uit Sodwana vertrek en het oorvol teruggekom sodat KC kon saamry. Die bedieningspan het gebel en sommer net gehoor hoe dit met Hanlie gaan. In hierdie 2 dae, en die afgelope week, het ek God se intense ingryp in ons lewens ervaar en besef dat elkeen van ons 'n instrument is waardeur God in mense se lewens ingryp en daagliks inspeel. Ons moet onsself net beskikbaar stel, ongeag van ons ouderdom, geslag, prestasies, talente en geleerdheid. Soos die seuntjie met die brode en vissies. Dis al wat hy gehad het, maar dis al wat Jesus van hom gevra het.

Die kamp was verseker een van my jeugbedieningshoogtepunte! Dankie vir elke leier wat sy verlof opgeoffer het om saam te gaan en vir julle verskirklike harde werk. Dit word raakgesien en ek waardeer dit verskriklik. Dankie vir julle verskriklike liefde vir ons jongmense en kinders. Dankie vir elke ouer wat sy kind aan ons toevertrou het, dankie vir elke jongmens wat saam was - julle het my lewe verryk - en dan vir die band en die busdrywer. Elkeen van julle was ongelooflik. Dankie dat julle julle vissies en broodjies na God toe gevat het. Hy het dit ongelooflike gebruik! LUV U ALL!!!!!

Views: 148

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service