Hallo almal wat in selgroepe belangstel!
Ek is besig om die boek “Building a church OF small groups” te lees (Bill Donahue & Russ Robinson). Daarin het die skrywers ‘n interessante stuk oor Joh. 17 en die vraag hoe selgroepe teologies verantwoord kan word.
In Joh 17 het Jesus ‘n lang gesprek met Sy Vader, met die dissipels wat by Hom sit en luister. Jesus het geweet dat Hy binnekort sou sterf en gee nou uiting aan Sy grootste bekommernisse en wense. Hy bid vir Sy volgelinge (Boodskap - Joh 17 : 11 – 12) en vra dat “hulle soos een man sal saamwerk, net soos U en Ek saamwerk” .
Besef jy wat Jesus sê? In die Engels staan daar “So that they may be one as we are one” Hy wil hê dat mense dieselfde soort eenheid as wat die Drie-eenheid beleef, moet ervaar! Nie sommer enige soort saamwees, pret hê, gesels nie! Nee, Hy vra dat hulle verhoudings so sterk moet wees soos wat die Drie-eenheid s’n is! Hierdie klein groepie volgelinge – vol foute soos ons almal – kan die ongelooflike eenheid ervaar. Dit is vir alle mense moontlik om sulke “connectedness” te ervaar – jy moet net vra daarvoor.
Dan is daar nog iets besonders. In vs 20–21 skuif Jesus se fokus ook na die wyer wêreld. “Gee asb dat hulle verhouding onder mekaar, en veral met Ons, net so heg en intiem sal wees. As mense in hierdie wêreld sien hoe gelowiges saamstaan en saamwerk, sal hulle oë daarvoor begin oopgaan dat U My na hulle toe gestuur het…”
Wat maak ons met hierdie woorde? Jesus het in Sy werk die meeste energie spandeer aan ‘n klein groepie dissipels, en vra nou vir hulle om Sy werk voort te sit. Hy het nie die hele wêreld probeer oortuig nie, maar Sy “selgroep” van dissipels versterk en laat groei. Sy gebed is dat ons so ook die eenheid sal ervaar as wat Hy in die Drie-eenheid ervaar het! Dan sal ander ook dit sien en ervaar, dan begin ons ander bereik.
Dit is ook vir jou in ‘n selgroep moontlik.
30 Mei 2012 van 5:30 tot 6:30 – PVR Gemeenskapskerk
30 Mei 2012 van 19:00 tot 20:30 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 10:00 tot 12:00 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 14:30 tot 15:30 – PVR Gemeenskapskerk
4 lede
56 lede
19 lede
6 lede
12 lede
6 lede
20 lede
4 lede
27 lede
10 lede
© 2012 Created by PVR Admin.
Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!
Join PvR Gemeenskapskerk