PvR Gemeenskapskerk

Christus Alleen
Wat gebeur wanneer ‘n Gemeenteraad op Shayamanzi aankom en net een doel voor oë het, naamlik om die Here Jesus Christus te beleef en Sy wil te soek?

Wel, soos Jesus belowe in die Woord, breek Hy toe deur ons omhulsels en raak ons lewens baie diep aan.
Dis wonderlik om terug te kyk op die naweek se gebeure en te besef dat die Here Jesus steeds met ons as Sy kinders (en Sy Geloofsfamilie) oppad is, selfs al is ons glad nie daarvan bewus nie.

In hierdie Familienuus sal daar terugvoer wees oor die wedervaringe en belewenisse tydens die beplanningsweek. Jy sal ook lees op watter wyse die Here Jesus ons gerig en gelei het. Deur dit alles loop die goue draad van ‘n Verlosser wat mense nooit los nie en altyd weer nuwe insigte en koersaanpassings bied.

Maar, ons het geleer dat ons Hom volledig moet vertrou met ALLES in ons lewe. Hy is besig om Sy koninkryk te laat kom, en ons moet Hom met oorgawe soek en bereid wees om, wanneer Hy ons lei, volledig toegewy agter Hom aan te beweeg.

Ons sien met verwagting daarna uit om saam met ons Geloofsfamilie te hoor wat Sy wil is vir ons en ons bediening in die tyd wat kom. Wat ons wel weet, is dat wanneer ons Christus dieper ontdek en Hom meer uitleef, die lewe ‘n vreugde word en ons lewens ‘n verskil maak.

Shayamanzi 2010...
Shaya Manzi is woorde in Zoeloe wat beteken “slaan die water”. Jannie en Issie Parsons het oor die laaste 15 jaar die voorreg gehad om ‘n lushof te ontwikkel hier in die hartjie van die Bosveld. Kliek hier vir meer inligting van die plaas Shayamanzi.

Ons geloofsfamilie se leiers kuier al vir 14 jaar op die plaas in die tyd waarin ons besin oor ons volgende tree op die spoor van ons Here Jesus.

Hierdie jaar het die naam van die plaas nuwe betekenis gekry toe ons ontdek dat Moses destyds in opdrag van die Here, by die Rooi See, moes “Shaya Manzi” toe sy volk groot uitdagings die hoof moes bied. Hierdie plek het vir ons simbolies geword van ‘n plek (en tyd) waar ons opnuut die Here se stem wil hoor en wil uitvoering gee aan Sy wil sodat Hy ons kan deel maak van die koms van Sy koninkryk.

Die bedieningspan het die Woensdag voor die naweek arriveer en tyd spandeer om ‘n dieper verstaan van mekaar, maar veral van Jesus te beleef. Deur die loop van ons geestelike retreat het ons Christus op nuwe en verbysterende maniere beleef. Ons het ontdek dat Christus alleen die Leier is van Sy kerk en dat ons in Sy voetspore moet beweeg om enigsins ‘n verskil te maak.

Die Gemeenteraad het Vrydag by ons aangesluit en ons het saam diep, vernuwende ervaringe gehad in die teenwoordigheid van Sy Gees. Ons het beleef dat Hy ons rig op ‘n dieper en meer intieme “volgelingskap” van Jesus en dat ons geloofsfamilie geroep word om Jesus te ontdek en Hom uit te leef. Ons besef dat alleen wanneer die Here Jesus Christus die “middelpunt van ons verlange” is, Hy ons kan gebruik tot Sy eer. Ontdek saam met ons hierdie dieper ervaring, en LEEF Christus!



Views: 39

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service