PvR Gemeenskapskerk

Die week van die vakansieprogram het ons groen gegaan - en het ons nie GROEN gegaan nie. 

Groen serpe, groen klei, groen koeldrank, groen verf, groen hotdogs-sous, groen capcakes, groen pannekoek, groen rys, groen mash, groen veters en BRUIN hot choclate!!! Ons kuier saam met Shrek wat vir niks bang is nie (Dawid wat vir Goliat aanpak) tot Shrek wat nie sonder sy familie kan wees nie (Josef wat nie langer kon stil bly voor sy broers nie).  Ons verf, ons plak, ons ry J-bord, ons eet roomys, ons ry fiets, ons kleur in, ons sing & dans, ons skryf briefies, ons hardloop op-en-af mini "Stone Hedge" toe, ons kuier en kuier!! Ek dink die beste ding wat gebeur het is die verhoudings wat gebou is. Veral tussen die kinders en die groepleiers. Die groepleiers was en is net stunning!

Baie dankie vir julle tyd wat julle afgestaan het vir die kinders - julle het nie 'n idee wat julle omgee & liefde vir die kinders beteken nie! Julle het Shrek-familie vir die kinders gewys! 

Baie dankie vir die groen pannekoeke, verf & klei Tannie Susan. Baie dankie dat ons net altyd op jou knoppie kan druk & jy help ons!

Lizette, ek kon net vra en dit gebeur - baie baie dankie. 

Riana - baie dankie vir jou raad, kos maak (veral die groen rys), groen cupcakes en sommer vir die dissipline ook!

Die ma's wat in die middae kom help het en die kantoorpersoneel wat net uitgehou het.

Al die eer aan ons Hemelse Vader wat ons opgepas het (net 'n paar steke was nodig), vir al ons energie wat Hy gegee het, vir elke kinder-gesiggie wat ons elke dag opgehelder het.

Views: 46

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service