PvR Gemeenskapskerk

"Hierdie is 'n dag wat ek vir die res van my lewe in my hart sal dra. As mense my daaroor uitvra voel dit asof dit net gister was. Soms voel dit baie onwerklik dat ek nou al amper twee volle jare saam met Christus die pad stap. Dit voel meer soos 'n paar maande, maar nogtans kan ek nie die persoon wat aan die einde van hierdie journey staan vergelyk met die persoon wat ek aan die begin was nie. En dit alles het begin op daardie een dag. 2 Desember 2008. By die winkelspruit seekamp."

Hierdie is een van vele getuienisse van jongmense wie se lewens op seekampe verander het. Wat maak 'n seekamp so spesiaal? Die see skep net doodeenvoudig so atmosfeer. Dit is een van die magtigste skeppings. Deur die geestelike aandprogram en oggend stiltetyd op die strand  leer jy jou Skepper op 'n baie besonderse manier beter ken.

Jy kom weg van die gejaagde stadslewe, die televisie en playstations en leer jou vriende op 'n heel ander manier ken. Dink aan 'n sonsopkoms oor die see, 'n sonsondergang agter die sandduine, swem in die lieflike see, sit langs 'n kampvuur onder die sterrehemel en gesels saam oor ons BESTE VRIEND EN HERE, snorkel saam met die visse en dan natuurlik,slaap in tente. DIS MOS DIE LEWE OP SY BESTE!

Hierdie jaar se seekamp word nie saam met die Y-netwerk gehou nie. Ons hou ons eie PvR seekamp by Sodwana aan die Noordkus. Die datum is 2 - 8 Julie, die lieflikste tyd by die see. Water is so 22/23', dit reën nie, die dae se temperatuur is so 26', en natuurlik brand die son jou nie dood nie. Ons is ongelooflik opgewonde en hoop ons sien elke jongmens daar!

Kliek hier om die kampinskrywingsvorm af te laai.

 

Views: 56

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service