PvR Gemeenskapskerk

Vandag was 'n afdag na die "Advance". Ek het die geleentheid gebruik om met 'n gehuurde fiets Mt. Constitution aan te durf. Uitdagende rit, maar hy het byna doodgevries. Op die berg reen dit toe redelik hard en die 6 myl skerp afdraand van die uitkykpunt af was stilsit op die fiets en die koue het sy tol geeis! Die temperatuur was so by 5 grade Celsius. Gelukkig het ek dit darem oorleef en die "evidence" van my epiese tog saamgebring.


Ek staan by die vuurwagtoring op die piek, maar wat nie sigbaar is nie is dat ek deurnat is tot op die onderlaag. Wat 'n ervaring!


Later die oggend het ons as span saamgekom om oor die ervaring van die afgelope 10 dae te reflekteer. Ons het die opnemer aangesit oor "brunch" en elke faset van die ervaring ontleed in die fynste detail. Weereens 'n buitengewoon inspirerende gesprek en ons weet dat hierdie afgelope tyd ons elkeen as individu en ons as span ten diepste geraak het. Ons kan nie wag om met ons Geloofsfamilie te deel en te kuier oor ons ervaring nie...


Later die dag het ons vir Henk gaan aflaai by die veerboot. Hy het vriende in Oak Harbour naby Orca's eiland. Dis mense by wie hy gebly het in die tyd wat hy in die VSA vir Logos gewerk het. Hulle is baie opgewonde oor sy kuier. Hy slaap vanaand by hulle oor en ons kry hom more in Anacortes. Dis die baie indrukwekkende veerboot ...



Vanaand het ons tydens aandete 'n grootgroep refleksie en dan begin ons pak vir die terugtog. Ons reis Maandag oggend eers van Orca's met die veerboot. Baie vroeg opstaan om die 07:00 veerboot te neem. Dan reis ons terug na Seattle per motor, dis so twee ure.


Maandag aand is ons "Sleepless in Seattle" om bietjie terug te kom op Suid-Afrika tyd. Ons bly oor in die La Quinta Suites, maar ons tasse sal waaskynlik net daar slaap. Dit sal help vir die slapie op die terugvlug.


Dinsdag oggend vlieg ons baie vroeg terug na Atlanta, waar ons oorstap op die vlug na Suid-Afrika en arriveer om 16:00 SA tyd in Johannesburg.


Ons sal waarskynlik more ons laaste opdatering doen uit Seattle .DAnkie dat jy saam met ons gereis het. Die toekoms wink!!

Views: 36

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Hugo Smit op 22 Maart 2010 om 10:16
Well done Jan!
Dis amper opstaantyd vir julle om die vroegoggend ferry te vang. Sterkte met die "Sleepless in Seattle". Geniet die lekker Starbucks vir oulaas om te help met die wakkerbly. Veilige reis!
Kommentaar deur Eddie Symons op 22 Maart 2010 om 6:32
Sterkte en sien julle weer oor 'n paar dae.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service