PvR Geloofsfamilie

Stories uit die ECHO huis in Centurion - deur Chris Swart

Die koninkryk van God gebeur gereeld rondom ons en baie keer is ons deel daarvan sonder dat ons dit besef.

ʼn Plek waar die koninkryk besig is om deur te breek is by die Centurion Echo-huis. 


Ons eet een oggend by ʼn koffiewinkel in die Centurion Mall. Die meisie wat ons bedien is een van die inwoners in die huis. Soos meeste van die meisies in die huis kom sy uit 'n kinderhuis. Omdat sy geen positiewe familie netwerk het nie, was Echo vir haar ʼn oplossing toe sy die skool verlaat.
By Echo word vir haar ander moontlikhede en ʼn veilige ruimte geskep. Die hoop is dat die huis word soos haar gesin en dat die gemeenskap en die kerke betrokke soos haar familie. Hopelik vind sy moontlikhede in hierdie uitgebreide familie vir ʼn toekoms anders as haar wêreld voor die kinderhuis.
Terwyl ons gesels gebeur die moontlikheid. Ek stel haar voor aan my vriende. Hulle vra my toe uit oor die huis en ek verduidelik die agtergrond. Ek vertel ook vir hulle dat sy droom om soos sy sê “beauty werk” te doen. En soos kommunikasie in so ʼn netwerk nou maar eenmaal werk is daar binne ʼn week vir haar gereël om by ʼn gedeelde kennis in diens opleiding te kry as ʼn skoonheidsterapeut. Die vrou wat vir haar die opleiding gee is ook vir haar ʼn geestelike mentor en vriend.

Nog so ʼn storie is die een waar die helper die gehelpde word...


Ons ken ʼn meisie wat uit die omgewing kom wat bietjie sukkel om haar rol in die lewe te define. Sy soek so bietjie haar identiteit in verskillende dinge, soos meeste van ons maar oor tyd doen. Toe ons haar ontmoet was sy nie op ʼn goeie plek nie. Maar toe sy hoor dat ons mense soek om in die huis te bly om te help is dit asof ʼn lig in haar aangaan. Sy wil help!
Die huis dien as ʼn soort van kommune. Daar is meisies wat uit die kinderhuis kom en meisies wat klein bietjie ouer is en uit die omgewing uit daar intrek. Die idee is dat daar ʼn space geskep word waar die invloed positief is. Die meisies wat intrek om te help commit tot die waarde sisteem van die huis en om ʼn vibe te skep wat die ander sal inspireer. Ons wonder toe of dit die regte tyd op haar journey is om by die huis in te trek, sy is dan so ver van waar sy moet wees.
Soos die tyd aangaan dra sy baie by. Sy dien as ʼn lift wanneer daar êrens heen gegaan moet word. Sy is daar wanneer daar gehuil word en sy is daar as daar gemotiveer moet word. Maar wat vir almal wat haar ken baie duidelik is, is dat soos sy daar is vir die ander, word sy al helderder, word sy al meer wie sy is. Die wonderlike van haar verhaal is dat haar journey eerder as haar arrival die motivering is vir die ander meisies. Sy ontdek al hoe meer wie sy is nie deur te soek nie, maar deur te dien. Die ander sien dit en besef ook dat hulle nie perfek hoef te wees om ʼn verskil te maak nie.

Word asseblief deel van ons community as jy wil.

Kom Maandagaande 18:00 vir 'n gratis ete en sien en deel in die stories van die huis!
Echo-Centurion: Selbornestraat 1022B, Lyttelton

Views: 535

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 5 Augustus vir aflewering by kerk in week van 6 Augustus.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service