PvR Gemeenskapskerk

Hierdie sal ons laaste inskrywing wees op ons bladsy. Ons het dit ongelooflik geniet om saam met jou te reis die afgelope 10 dae. Dankie vir elke gedagte, gebed en saamgesels. Dit het ons wegwees sin gegee en ons het dit opreg waardeer.

Ek sit in Seattle "downtown" in die La Quinta Inn & Suites en skryf met heimwee hierdie woorde. Ons het soveel diep en ryk belewenisse gehad dat ons eintlik nederig dankbaar is. Ons weet dat hierdie ervaring ons verstaan van onsself, ons span en ons geloofsfamilie radikaal aangeraak het. Ons droom reeds daaroor om saam met jou te begin reis op 'n ontdekkingstog van sin en betekenis en nuwe verstaan.

Ons ervaring het ons diep geraak .Op 'n manier is die aardbewing in Los Angeles 'n metafoor van ons ervaring. Diep onder die grond vind daar skuiwe en beweging plaas wat op die oppervlak die geboue en mense laat beweeg. Ons besef dat daar in onsself en in elkeen van ons leiers en gemeente baie diep en ingrypende beweging gaan moet gebeur sodat ons die sigbare van die Koninkryk kan sien beweeg.

Ons wil nie net 'n paar kundige en kits reseppies kom toepas nie, ons wil saam met jou dink en droom en ervaar hoe God ons diep binne beweeg om Jesus te kan raaksien, ken en volg. Alleen dan sal ons kan kerkwees soos Jesus dit bedoel het

Sien jou in die dorp. Ons kan nie wag om terug te wees by die huis nie

Views: 31

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service