PvR Gemeenskapskerk

Vandag is een van daardie dae wat hartjies, rooi rose en geskenkies orals te vinde is. Want dit is immers die groot V dag wat elke jaar dieselfde dag kom kuier.

Dit is nie net restaurante en koffiewinkels wat verander in n mooi rooi "jungles" nie maar sommer op tuis bodem onder ons eie afdak tydens ons eie koffie bediening voor ons aanddiens.

Sondag was gevul met rooi tafeldoeke, hartjies wat uit die dak uit hang en selfs hartjie vormige koekies wat geloop het soos stroop saam 'n heerlike koffie.
Die vrouens in beheer van die koffie bediening het hulself behoorlik oortref deur vir ons behoorlik te bederf met al die moeite wat gedoen is tydens die koffie om dit vir al ons jongmense so spesiaal te maak.
Ons as Jeugspan wil net dankie se vir al die moeite wat gedoen is deur die vroue. Jul het almal van ons sowaar laat spesiaal voel.
Mag almal se valentynsdag ook net so spesiaal wees en mag dit behoorlik gevul wees met diepe verwondering oor die liefde van Christus wat selfs groter is as enige ander liefde en mag ons dit in die tyd met ander mense deel.

Views: 207

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service