PvR Gemeenskapskerk

Dit is al 'n paar maande wat die Here met my besig is oor die tema van Christenwees ... soos Christus bedoel het dit moet wees. Ek en Elmarie het al van verlede jaar af "saamgesweer" om in die diens 'n heerlike geur te versprei en vir almal wat honger is, die lus vir saameet op te wek. 

Dit illustreer die gedagte dat ons "lewensgeur" moet wees uitstekend, maar miskien moet ek net verskoning maak vir die vreeslike lus. Ek hoor die Spar het swaar geleef na die diens met die hongerige gemeentelede.

As jy saam wil dink oor die gedagte van "lewensgeur" wees hier is lekker luisterstof wat jou daarmee sal help. "Soma Communities" is 'n gemeente in Seattle, VSA, wat dit regkry om die beginsel uit te leef.

Dink saam met ons hieroor: Hoe lyk 'n volgeling van Christus in die lewe vandag?

Views: 87

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Cornelia Biecker op 11 Februarie 2011 om 18:59
Hallo Jan

Jou boodskap Sondag het persoonlik vir my baie beteken - as dit nie op elkeen wat daar was 'n impak gemaak het nie dan weet ek nie... jy het hier teen die einde genoem dat ons ook 'n impak kan maak in die hantering en benadering van onder andere 'n mens se kliente - wel, wat 'n aangename uitdaging! Dit werk! Ek is tans besig met vakke aan Unisa wat inderdaad almal bemoeid is met hierdie onderwerp van volgelinge wees van Christus...of dit nou met etiese kwessies, sendingpraktyke of praktiese teorie te doen het, die feit bly staan dat ons in hierdie wereld van vandag met al sy uitdagings 'n opdrag het om ander "honger" te maak vir Christus deur dit in ons lewenswyse te demonstreer en aan te moedig. In my daaglikse kontak met verskeie mense van verskillende kulture en kontekste probeer ek deesdae om myself af te vra of ek enigsins iets gedoen of gedemonstreer het wat van my 'n dissipel van Jesus maak? Het ek nood raakgesien? Het ek hulp aangebied? Het ek 'n positiewe bydrae tot iemand se lewe gemaak? Het ek iemand op 'n manier geestelik "gevoed"? Het ek Jesus se stem gehoor en geantwoord? Baie stof tot nadenke!

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service