PvR Gemeenskapskerk

Vanoggend oppad strand toe vir stiltetyd vra Lizette : "Watse dag is dit"? Na 'n reuse debat oor of dit DInsdag of Woensdag is, wen die selfoon kalenders en ons besef dis Dinsdag. Lizette is verheug want sy het nog 4 dae by die see oor, en nie 3 soos sy gedink het nie. Dit is die awesomeness van Sodwana. Jy is so deel van God se natuur en skepping dat jy tred met tyd verloor, en net vir altyd in hierdie "Paradys" wil bly. Jy wens jy het die keuse gehad om nie die verbode vrug te eet nie, en dan toegelaat word om nooit terug te gaan nie. Maar terug na die werklikheid......

Gister was Stefan se verjaarsdag, en vandag is Erika se verjaarsdag. Ons is bevoorreg dat hierdie 2 ongelooflike spanlede kies om hulle verjaarsdag saam met ons te vier. Dit is wat passie beteken. Om op jou verjaarsdag saam met 'n groep jongmense te kom kamp. Stefan en Erika, ons love julle to death!

Gister was 'n lieflike dag, al was dit bietjie koeler. Die twee SS'e het besluit om bietjie rustiger games te speel. Ons het begin met 'n survival game waar die jongmense gestrand was op 'n eiland en elkeen van die groep een ding mag saamneem.Toe moes hulle daardie items gebruik om van die eiland af te kom. Baie interessant met die klomp drama kings en queens op die kamp. Daarna moes hulle asblikke vol water maak met klein koppies, en ek weet nie wie het die meeste "gecrook" nie, die leiers of die jongmense nie.

Ons het heerlike worsbroodjies op die strand gehad vir middagete en 3 uur toe ons wou begin terug kom, is daar groot amok want almal speel nog volleybal, toechies  en swem en is glad nie lus om terug te kom nie. Toe bring ons hulle maar in sulke sarsies terug. Ai, want mens nie alles uit liefde vir ons jongmense sal doen nie!

Gisteraand se kos was wereldgehalte. Ons het tamtiebredie geet, met skaapvleis wat ons geskenk gekry het. Soos julle sien op die foto van JP, was dit potuitleklekker! Lizette. Freddie en Jeanette, julle mag maar! Julle is ongelooflik!

As julle dink die kos was die hoogtepunt, dink weer. Alles was 'n hoogtpunt, maar die absolute hoogtepunt van die dag was die aandprogram. Mense, dit was net onbeskryflik. Die worship was handeklap, ronddans en sommer net lag van opgewondeheid en Geesvervuld wees fantasties! Ons het uit Gesnesis 2 uit ontdek dat ons geskep is met iets van God in ons, dat ons selfs so bietjie soos God lyk en dat God totaal en al tevrede was met sy skepping. Wie is ons om dit te betwyfel?

Vanoggend het ons half 7 opgestaan, heerlik stiltetyd op die strand gaan hou en nou is ons gereed om die dag aan te pak met 'n heerlike ontbyt en diepsee snorkel......maar dis 'n getuienis vir more.

Dankie weer vir almal se boodskappies,gebede en omgee. Dit is lekker om te weet daar is mense by die huis wat lief is vir ons! Praat more oggend weer!

Views: 117

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Anneke Stewart op 5 Julie 2011 om 12:03
Ai, ek wens ek kon die geestelike belewenis saam met julle meemaak! Ek bid dat elke kind n persoonlike ontmoeting met ons Skepper sal he! Ons is bja lief v julle! Anneke Stewart.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service