PvR Gemeenskapskerk

Met versigtige oorweging en positiewe aanmoediging, probeer ek hier verwoord wat ek die afgelope tyd beleef en ervaar in my emosionele en geestelike groei.  Ek staan in awe oor hoe goed God is, en Sy liefde vir ons laat my keel keer op keer toetrek.  Die Here is die afgelope tyd so getrou aan my soeke na meer, meer van Hom, meer van Sy wil, meer van verstaan oor hoekom ons hier is. En my soeke om meer vir Hom te doen, nie om te sê ek het my deel gedoen nie, of eerste plek te kry nie, maar om Sy liefde, wat borrel en oorloop hier binne my te leef na ander.  Dit wat my hier binne roer te DOEN!

 Ek lees: Die Shack. WOW!!!  Wat ‘n emosionele, insiggewende oorlading!!!

 My verstand of insig skiet vêr te kort.  Kan dit so eenvoudig wees?

 Om NET te WEES!!

 

Ek dink terug aan Adam en Eva, dit was net EENVOUDIG, om saam met God te wandel, te stop, te staar, betrokke te wees, te chat, te deel, LIEF te he en geliefd te wees. So veel VREDE.

Ek dink aan Jesus se bediening, of kan ek dit ook Sy calling noem.  VERHOUDINGS!!!  Dis al met wat Hy eintlik heeltyd besig was.  Om by mense stil te staan, te kuier, te chat, te deel, lief te he!

 

Die wêreld is swaar, moeilik, seer en skeef.  Vol pyn en lyding, alles self-, mens- inflicted.  Hoe kan ons dan vir God blameer?  God is GOED en LIEFDE!!!!  Ons moet dit heeltyd sê, in die spieël vir onsself, sonder ophou, ons moet dit net eenvoudig glo, WANT dit is die WAARHEID!!!  En waarom gryp God nie spreekwoordelik in nie,?  Waarom keer God nie boosheid wat die gevolg is van ons onafhanklikheid nie?  Want dan is ons liefde vir God en ander uit dwang en vrees en nie soos dit bedoel is nie, WARE VRYE  LIEFDE!!!  Liefde ten spyte van.  Die lyding of pyn gaan dalk nie weg nie of ons is nie gevrywaar nie, maar God is heeltyd daar, langs jou, saam jou.  JY IS NOOIT ALLEEN NIE!!! NOOIT SONDER GOD SE LIEFDE NIE!!!  NOOIT SONDER GOD SE VREDE NIE!!!

 

In ons vrese, angsheid, paniek en worsteling om kop bo water te hou, te cope, moet ons dalk net stil word, rustig raak binne-in ons gemoed. En opsetlik God se nabyheid, teenwoordigheid en God se vrede ervaar/beleef, sodat ons Sy krag, goedheid en liefde kan deel.  Want dit maak waarlik VRY!!

Views: 101

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service