PvR Gemeenskapskerk

Ons het 'n paar Sondae terug 'n gesprek by die kerk gehad rondom die tema "Verstaan jou Tiener" en as 'n pa van twee tiener seuns weet ek dat dit soms onmoontlik is om hulle te verstaan en dan moet ek hulle net verdra. Elmarie van Wyk het die 40 min gesprek gelei en na die tyd was daar 'n groot navraag na nog tyd asook meer in diepte gesprekke rondom die onderwerp.

Sy het die volgende punte asook tyd voorgestel indien julle sou belangstel om dit by te woon.

Dit is Saterdag-oggend 12 April 2014 by die Pierre van Ryneveld kerksaal van 09:00 tot 12:00.

Die besprekings punte sal dus wees:

1. Oorsig oor die ontwikkeling van die tienerbrein
2. Ouer se benadering tov opvoeding – straf /begeleiding
3. Konflikhantering en die aktiewe luisterproses
4. Eie groei van ouer
5. Vrae en antwoorde.

Kostes R150 per gesin.

Glo my, elke bietjie help en daai 40 min het vir my 'n hele ander uitkyk gegee op hoe om my seuns te benader asook hoe hulle "gewire" is. Nooi ook jou vriende, want dit kan 'n reuse verskil maak in jou en jou kind se verhouding.

Laat my asb weet indien jy sou belangstel om dit by te woon sodat ons net die getalle kan vasmaak.

Deon Fourie

Kliek hier om vir Deon 'n epos te stuur as jy hierdie oggend wil bywoon.

Views: 116

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service