My 2011 Desembervakansie was een van die wonderlikste vakansie ervarings in ‘n lang tyd. Dit was baie lanklaas wat ek vir meer as ‘n week op een slag met verlof weg was, en ons het God op besonderse maniere beleef. Ek wil so bietjie met julle deel waar my reis met die Here is en waaroor ek in Desember met Hom “ge-journey” het.
Vanaf 16 Desember het ons gesin by Lochvaal (ons graad 10 & 11 X Treme kamp is elke jaar daar) gekamp en gespeel. Ons het boot gery, geski, wakeboard gery en sommer net lekker in die son en die water baljaar en onder die lieflike wilgerbome gekuier. Ek was tydens hierdie paar weke absoluut bewus en verwonderd oor God se grootheid en Sy genade.
Tydens November, Desember het ek baie begrafnisse bygewoon van gesinne wat geliefdes en familielede verloor het. Ek was so dankbaar vir ‘n Kersfees wat ek saam met my familie kon deurbring, want ek het besef ons is op God se tyd. Daar is soveel families wat 2011 Kersfees vir die eerste keer sonder iemand moes hou, en dat die lewe so kort is dat ons sulke tye saam met mekaar moet koester.
Ons het die mooiste sonsondergange beleef en God se hand gesien in die 3 eendjies wat elke dag verby ons geswem het oppad na êrens, en in die krap wat rustig op pad is water toe. Ek het in verwondering gestaan oor hoe God ons liggame geskep het, en het in dankbaarheid en in volle afhanklikheid voor Hom gestaan en dankie gesê dat ons gesond is en vir die voorreg om so te kan speel.
Ons was bevoorreg om saam met kollegas van die jeugbediening, wat ook daar vakansie gehou het, heerlik te kuier en daar het ook ander YA’s en mentors kom kuier. Wat ‘n voorreg om verhoudings te bou en saam God se genade te beleef.
Die vakansie het ek die boek “Missional Youth Ministry” gelees, en saam met die Here “ge-journey” oor die vraag: “Hoekom het PvR Gemeenskapskerk ‘n jeugbediening, en wat is ons fokus?”.
Ons fokus is nie om ons kinders Sondae op te pas sodat ons ouers gemaklik kerk kan bywoon nie, ons fokus is nie om ons jongmense met ongelooflike aantreliklike konserte en saamkomste te lok nie........wat is ons fokus dan?
Ons is hier om ons kinders, van die Mosterdsaadjies tot Graad 7, en ons jongmense, van Graad 8 tot die YA’s te begelei saam met ons ouers. Ons skep ‘n ruimte waar ons saam Christus kan ontdek en leef en daagliks in verwondering te wees oor sy grootheid, om dit daagliks in ons verhoudings uit te leef en om daagliks ‘n ware volgeling van Hom te wees.
Na ‘n heerlike vakansie, is ons terug......uitgerus en gereed vir die vol program wat voorlê. Soooooooo, “Buckle up and enjoy the journey!”. Soos die Mazda advertensie sê, “Life's a journey, enjoy the ride”.
30 Mei 2012 van 5:30 tot 6:30 – PVR Gemeenskapskerk
30 Mei 2012 van 19:00 tot 20:30 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 10:00 tot 12:00 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 14:30 tot 15:30 – PVR Gemeenskapskerk
4 lede
56 lede
19 lede
6 lede
12 lede
6 lede
20 lede
4 lede
27 lede
10 lede
© 2012 Created by PVR Admin.
Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!
Join PvR Gemeenskapskerk