PvR Gemeenskapskerk

Hi Almal,

Ek hoop hierdie kort blog bereik julle in goeie gees en gesondheid. Ek skryf hierdie om met julle te deel watter besondere versteekte boodskap ek in Jesaja 43:19 ontdek het. Die Skrif se verder ook dat as ons uitroep na die Here en in opregtheid en eerlikheid vir Hom ons behoeftes, drome, vrese en bekommernisse bely, dat Hy ons sal seen en ons harts begeertes sal laat waar word. Om tot daardie punt te kom is een ding maar dis baie eenvoudig, die Here versoek ons net om Sy koningkryk te soek en dat al die ander dinge vanself sal gebeur. Ek vind persoonlik Baie Hoop, Inspirasie, Vrede en Gemoedsrus in bg. teks. Dis my wens vir elke persoon wat hierdie lees om ook te GLO dat die Here ons wil seen, dat Hy Gretig en in Antisipasie is om Sy Goedheid en Goeie Guns oor JOU te stort! Ek nooi jou wat nou hier lees uit om jouself gewillig te verklaar vir die Gelooflike Seen wat die Here vir ons elkeen beplan en WIL uitvoer. Besef dat die Here 'n Toekoms vir elkeen van ons het, en ons elkeen net moet oorgee aan Sy Onbegrensde Genade. Amen

Views: 29

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Elmo Pienaar op 3 Februarie 2010 om 22:15
Jip, God se hart en drome oor ons is ver bo wat ons kan dink. Blessings!

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service