PvR Gemeenskapskerk

Volgelinge op die Kruispad 3 - Oefening

Ons is besig om as volgelinge van Jesus onsself te vra wat dit prakties beteken om Jesus te volg.

Ons het Sondag by Markus 5 stilgestaan en Stephan het ons herinner hoe Jesus grense oorgesteek het. Jesus het van sy tuisdorp na 'n nie-Joodse gebied gegaan, want Jesus se omgee en liefde vir mense het Hom gedring om betrokke te raak. Toe die besetene deur Jesus genees is, kon hy nie stilbly nie en moes hy vir ander vertel.

Oefening vir die week:

  • Watter grens moet jy oorsteek? Van waar moet jy beweeg om kontak met iemand te maak?
  • Met wie moet jy kontak maak?
  • Soos uit die vertelling van die sendeling, is die woorde: "Jesus, Jesus" genoeg. Is daar iemand met wie jy Jesus se omgee en liefde kan/moet deel? Prakties kan jy iets vir iemand doen om hulle iets van Jesus se liefde te wys.

Views: 31

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service