PvR Gemeenskapskerk

Volgelinge op die Kruispad 4 - Oefening

Ons is besig om as volgelinge van Jesus onsself te vra wat dit prakties beteken om Jesus te volg.

Ons het Sondag by Markus 9 en stilgestaan en Stephan het ons uitgedaag om eerder te dien as om net aan onsself te dink. Die teks waarop hy klem gelê het, was Markus 10:43-45: "43Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; 44en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. 45Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

Oefening vir die week:

  • As jy sukkel om te dien, vra die Here om vir jou ook 'n gees van diensbaarheid te gee.
  • Is daar iemand wat jy moet dien? Gee 'n eerste tree om iemand naby aan jou te dien deur vir hom/haar iets te doen.
  • Wat kan jy doen om meer diensbaar te wees in jou verhoudings met ander? 'n Foonoproep, sms of besoek?

Views: 27

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service